Friday 28 November 2014

Huishouding – Algemeen & Skoonmaak




Huishouding – Algemeen & Skoonmaak
• Om krapmerke op CD's te verwyder, Vryf grondboontjiebotter daarop met 'n sagte lappie.
Besem
• Om die hare van 'n besem weer styf te maak, plaas besem in 'n oplossing van 1 eetlepel sout en 4 liter water.
• Indien 'n besemstok nie meer pas nie, plak hegpleister oor en draai weer in.
Boeke
• Geskeurde bladsye:
• Indien 'n boek se bladsye geskeur is van ouderdom, smeer liggies met eierwit en laat boek oop vir 'n ruk om droog te word.
• Storing:
• Moenie boeke styf teen die muur laat staan nie. Gee gapings vir lug om deur te sirkuleer.
• Laat staan 'n boek regop en nie skuins nie aangesien die rug kan seerkry.
• Stukkende rug:
• Gebruik mat kleefband om die rug mooi vas te plak.
Bleikmiddel
• Maak jou eie bleikmiddel met koeksoda en asyn.
Coke kan ook gebruik word vir:
• Gooi 'n blikkie Coke in die toilet en laat staan vir 'n uur. Spoel die toilet en jy sit met 'n sprankel skoon toilet.
• Laat lê jou geroeste items in Coke vir 'n paar minute en was dan af.
• 'n Heerlike manier om 'n vark boud gaar te maak is om 'n blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die vark boud toe in foelie.
• Bak die vark boud tot net so 'n halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur.
• Die sous van die vark boud en die Coke meng dan om 'n heerlike sous te maak.
• Om vet kolle van klere te verwyder is om 'n blikkie Coke op die klere te gooi. Was dan die klere soos normaal.
• Die Coke sal help om die vetkolle op te breek en te verwyder.
• Wanneer jy sukkel om 'n geroeste skroef los te draai, gooi Coke op 'n lappie en hou die lappie teen die skroef vir 'n paar minute.
• Wanner jou kar battery terminale aangepak is neem net Coke en gooi dit oor die terminale. Die Coke sal die terminale skoon vreet.
• Was vetterige voorruit met Coke. Coke bevat Fosforsuur. Die suur breek die vet af. Was dan die ruit na die soos gewoonlik.
Etikette, Plakkers (Stickers)
• Dit gaan oor die plakkertjies wat met niks wil afkom nie (stickers). Smeer op die plakkers of op reeds afgetrekte plakkers wat nog gom agtergelaat het, kookolie en laat so 'n rukkie staan en maak dan skoon met 'n lap.
• Gebruik grondboontjiebotter om plakkers van bottels af te haal. Die gom gaan gou af met die grondboontjiebotter.
• Sit etikette op warm ingelegde bottels eers wanneer goed afgekoel het anders krul dit af.
• Smeer Brasso aan die etiket en vryf hom af. Enige taai kolle wat nog oorbly kan met nog 'n bietjie Brasso verwyder word.
• Spuit plakker met Doom – laat paar sekondes en vryf die plakker af. Was met gewone skottelgoedseep daarna.
Geskenkpapier, Foto’s & Koeverte:
• Groot hoeveelheid van geskenke kan toegedraai word met bruinpapier met gekleurde raffia vir strikke muurpapier wat redelik goedkoop is.
• In 'n noodgeval kan jy foelie gebruik om 'n geskenk in toe te draai en net 'n mooi lintjie of iets omsit.
• By ’n kombuistee of ooievaarstee stuur koeverte om sodat die gaste hulle adresse op die koeverte kan skryf.
• Nou kan die ‘eregas’ net die dankiekaartjie in die koevert sit en pos.
• Koevert is toegeplak en jy het vergeet om iets in te sit? Plaas die koevert in die vrieskas vir ’n uur of twee.
• Nou behoort die koevert makliker oop te maak.
• Beskerm foto's in rame sonder glas deur eers die foto met kleefplastiek oor te trek.
• Wanneer jy vir jou kind ’n nuwe fiets koop. Haal die handvatsels af en sit ’n foto binne-in voordat jy weer die handvatsels
• terugsit. Indien die fiets gesteel word, en teruggekry word, kan jy bewys dat dit jou kind se fiets is.
• Wanneer jy pakkies pos, maak tou nat voordat jy dit om die pakkie vasmaak.
• Sodra die tou droog word krimp dit en sit die tou netjies en styf.
Glasware & Bottels
• Beskerm jou porselein borde van happies deur met papierborde tussenin te pak.
• Gebruik nat watte om gebrekte glas stukke mee op te tel, maar tel klein stukkies gebreekte glas met droë katoen op.
• Indien twee glase binne mekaar vassit kan die onderste glas in warmwater gehou word en die boonste een kan vol koue water gegooi word. Dit sal makliker van mekaar kom sonder om te beskadig.
• Om glans terug te bring in kristalglase – gooi 'n paar druppels ammonia in die was water en spoel af in asyn water.
• Om klein happies uit glasrand te verwyder – skuur met fyn sandpapier.
• Om te voorkom dat 'n glas bars, kan 'n staal telepel in die glas geplaas word en dan kan kookwater binne-in gegooi word.
• Ander gebruike glasbottels:
• Druk gaatjies bo in dekseltjie van bottel en gebruik vir 'n meel strooier
• Vul met water en gebruik om wasgoed nat te sprinkel voor jy stryk.
• Gebruik hegpleister oor die proppe om inhoud binne te hou.
• Indien jy sukkel om 'n deksel af te skroef – plaas deksel in kookwater en skroef dan af.
• Om sterk reuke te uit bottels deur vol te maak met 'n mengsel van koue water en 4 telepels droë mosterd.
• Gooi uit na 'n halwe dag en spoel deeglik uit.
• Om sterk reuke uit te kry, gooi bleikmiddel in vir ten minste 12 ure vir baie sterk reuke.
• Om vinnig leeg te maak: Skud die bottel in 'n sirkel beweging om leeg te maak.
• Sit etikette op warm ingelegde bottels eers wanneer goed afgekoel het anders krul dit af.
• Slaan 'n gaatjie in deksel met 'n skerp voorwerp sodat lug kan inkom en skroef dan af.
• Wanneer jy trek, pak glasbottels tussen sagte items (soos linne & klere).
Gom
• Deksels van gombottels kan met kers binne gesmeer word. Gom klou nie aan kerswas nie.
• Die gom wat op die papier is, sal heel moontlik die verf op die kas beskadig en dit sal oorgeverf moet word.
• Om die papier af te haal, kan jy gewone kookolie oorsmeer en laat staan vir 'n dag of twee.
• Dit sal die papier laat loskom sodat jy dit kan afkrap, maar kan ook die verf beskadig.
• Dit help om Doom insekdoder op die gom te spuit. Dit neem die taai weg en jy kan dan die voorwerp afwas.
• Dit werk self vir botteltjies met papier op. Jy spuit dit net op die papier en alles kom los sonder dat dit taai bly.
• Gebruik gewone parrafien om die gom af te kry.
• Gebruik grondboontjiebotter om gom van plakkers van bottels af te haal. Die gom gaan gou af met die grondboontjiebotter.
• Neem jou haardroër - blaas die kleefpapier warm tot dit maklik aftrek. Haal die laaste gomme met gewone badseep en warm water en bietjie "elbow-grease" af.
• Op glas – nael verwyderaar, kookolie, terpentyn of wit spiritus.
• Smeer Brasso aan die etiket en vryf hom af. Enige taai kolle wat nog oorbly kan met nog 'n bietjie Brasso verwyder word.
• Taai gom op glas en plastiek kan verwyder word met paraffien. Dit beskadig nie die oppervlakte nie.
• Trek die papier af. Koop vir jou van die vloeibare meubelpolitoer. Smeer op, los 'n rukkie. Jy gaan nog 'n bietjie elbow ghries nodig hê om dit heeltemal af te kry, maar dit is makliker.
Houtvloere
• Gooi lyfpoeier in die gleufies van krakende houtvloere.
• Smeer die skaniere van krakende deure met seep of olie om die geraas weg te kry.
Juwele
• Bêre juwele in eierkartonne.
• Goue juwele kan met sagte brood skoongemaak word.
• Hou jou juwele in sterk Steradent oplossing aangemaak met kookwater.
• Maak goue juwele skoon deur Savlon met water in verhouding 2:1 te meng. Laat juwele in oplossing lê vir 20 minute. Borsel liggies met ou tandeborsel of spoel eenvoudig af met vars water en droog af met 'n sagte lap!
• Maak jou juwele skoon deur liggies met 'n tandeborsel en 'n bietjie tandepasta onder lopende water te borsel.
• Maak juweliersware skoon deur dit oornag te week in 'n mengsel van koeksoda en asyn. Indien nodig, skrop liggies met 'n ou tandeborsel. Dit verwyder alle vuilighede sonder om die stene, goud of silver te beskadig.
• Moenie perels oornag week nie - net vir sowat 'n uur.
• Om krapmerke op 'n bril of horlosie af te kry, gebruik 'n stukkie watte met braso op.
• Ring wat te styf sit: Sit handeroom aan jou hande en laat uit gly
• Ring wat te styf sit: Was jou hande met seep en haal af terwyl seep baie glad is.
• Vryf jou silwer juwele met 'n halwe suurlemoen en spoel af.
Kaggel
• Gooi klam teeblare op die as voor jy die kaggel skoonmaak. Dit keer daardie wolk van stof.
• Vir maklike, bekostigbare en doeltreffende vuuraanstekers, gebruik ou gebruikte teesakkies.
• Laat dit droog en doop dit in parafien. Neem dit uit en laat droog. Gebruik dan vir vuuraanstekers.
Kerse
• As kerse te groot vir blakers is; plaas onder punt in kookwater totdat sag genoeg is op in te skroef.
• Om kerse langer te laat brand; plaas 'n paar uur voor gebruik in die yskas sodat dit langer en meer eweredig kan brand.
• Verwyder kerswas van blakers deur die blaker in seepwater met 'n paar druppels ammoniak te was.
Koper
• Gooi 'n pakkie wynsteensuur en Sunlight-skottelgoedseep in 'n emmer met warm water. Week die koper daarin vir 'n paar uur. Haal uit en vryf droog. Die oplossing dring in al die hoekies en gleufies in en laat die koper pragtig nuut lyk!
• Koperware kan pragtige blink gemaak word as dit nou en dan met sout en asyn afgevryf word.
• Vryf koper blink met sout en asyn/suurlemoenmengsel.
Kougom
• Verwydering van kougom uit jou klere om die taai kol met klein bietjie grondboonbotter te smeer.
• Die olierigheid help om die taaiheid uit te kry.
Krane
• Om 'n kraan mooi blink te kry, vryf dit met 'n halwe aartappel.
Matte
• Hoeke wat omkrul – Maak 'n dik stysel pasta aan en plak dit aan die rante van die mat.
• Stryk dan bo-oor bruinpapier met 'n baie warm yster.
• Meng 4 eetlepels brandspiritus, 4 eetlepels wit asyn, 4 eetlepels "Scrubb's Cloudy Ammonia" en 1 liter warm.
• Spuit met sproeikannetjie op die kol en borsel deeglik.
• Meng lou water met 'n handvol sout en 60ml asyn. Borsel matte met mengsel. Dit bring die kleur weer mooi na vore.
• Om die matpole weer mooi te laat opstaan waar 'n voorwerp lank gestaan het – Plaas 'n paar lae nat lappe op die area. Hou dan 'n warm yster bo-op sodat die stoom die pool kan laat opstaan. Kan laat op “fluff” met 'n klein borseltjie agterna.
• Om reuke van kat- en hondepiepie uit jou matte te kry -
• Kook saam 1kg Surf, 750ml Spirits, 2 botteltjies bloekomolie en 5 liter water.
• Gebruik soos matsjampoe in jou matwasser en verdun voor gebruik.
• Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkig vlekke soos rooiwyn en bloed uit matte uit.
• Stop 'n skoon vloerlap in 'n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee.
• Verwyder kolle op 'n mat met 1 deel witasyn en 3 dele water.
• Vir 'n Lopende mat – knip 'n badmatjie in stokies en plak vas onder aan die hoeke.
• Vir 'n Lopende mat – plak ingelegde vrugtebottel rubbers onderaan op hoeke van loper.
• Vir 'n Lopende mat – werk ou matblokkies met die pool na onder op die hoeke vas.
• Indien jy 'n mat wil koop, vra dat die mat oopgerol word. Kyk na die plat mat voordat jy besluit om te koop.
• 'n Opgerolde mat se kleur vertoon anders opgerol as plat.
• Waar ink op 'n mat gemors is, trek jy dit dadelik op met kladpapier, vryf die kol met 'n lap wat in gekookte melk gedoop is en vryf daarna met 'n droë lap.
Messe
• Messe van vlekvrye staal bly langer skerp.
• Vryf messe met suurlemoensap mooi blink.
Meubels
• Laaie wat sukkel om oop te maak kan bo op die laai met seep of kerswas gesmeer word.
• Plaas 'n paar stukkies wol op die hoeke van jou besem en voorkom so dat jou meubels en vloerlyste beskadig word.
Leersitkamerstelle
• Gebruik een deel asyn met twee dele gekookte lyn-olie. Die mengsel moet goed geskud word.
• Smeer dan aan soos meubel politoer en poleer na die tyd.
• Was leerbanke met seep en water, vryf droog en smeer vaselien of olyfolie aan. Laat staan 24 uur en vryf blink.
• Dit laat die leer langer hou.
• Was leerstoele met bietjie melk – jy sal verbaas wees om te sien hoe pragtig en nut dit weer lyk.
Meubel politoer
• Gebruik byewas met terpentyn om jou meubels mee blink te vryf
• Meng asyn en suurlemoenolie om die helfte aan en gooi in 'n spuitbottel vir jou meubels.
Hout
• Gebruik "Zeb" om ou vernis en aangepakte vuilheid van ou houtmeubels af te haal. Spuit aan en die vuilis borrel letterlik af. Vee dan dadelik af met lap en skoon water. Dit beskadig nie die hout nie en dring diep in al die groefies en krakies in.
• Moenie gepoleerde meubels in son laat staan nie. Son verbleik dit permanent. Gooi liewer 'n doek bo-oor indien dit in die son moet staan.
• Om meublels te poets - neem byewas, meng met terpentyn, vryf aan die hout en poleer.
• Verniste hout kan met koue tee skoongemaak word.
Ivoor
Klavier
• Hou die klavier partykeer oop – ivoor word vinnig geel in donkerte.
• Moenie boeke en ornamente op 'n klavier pak nie. Dit verdof die klank.
• Indien die sleutel plat bly as jy hom speel, is dit 'n teken van vogtigheid binne jou klavier.
• Laat lê ivoor in melk spoel af in seepwater.
• Om vuil ivoor mooi wit te maak – Laat lê in die son vir 'n ruk.
• Spierwit ivoor kan in sterk koffie of tee gedoop word totdat kleur vir jou donkerder lyk.
Rotangstoele
• Maak rotangstoele skoon met 'n mengsel van seep, warm water en spiritus.
Muurpapier
• Wanneer muurpapier gestoor word, laat lê horisontaal en nie regop nie omdat dit dan makliker knak.
Plastiekware
• Laat lê tupper-deksels in 'n groot skottel met warm water en 'n goeie hoeveelheid Jik/Domestos.
• Dit werk baie goed en alles lyk weer splinternuut en skoon..
• 'n Bietjie gliserien in die water verhoed dat 'n plastiektafeldoek verhard wanneer jy dit was.
• Om ou Tupperware/plastiek weer soos nuut te laat lyk meng Omo in koue water en los oornag, spoel dan net goed af.
• Raad teen taai Tupperware, maak vee af met 'n bietjie Brasso en was dan in lekker warm seepwater.
• Spuit jou 'tupperware' gerus met Brillo of Mr Muscle oondskoonmaker en na 'n paar minute, was jy af met lekker warm seep water, dit werk wonderlik en beskadig nie jou 'tupperware' nie.
• Verwyder kreukels uit 'n plastiese tafeldoek, deur 'n dik, klam handdoek daaroor te gooi en met 'n warm yster te stryk.
Rasper
• Hou 'n ou tandeborsel byderhand in die kombuis. Dit is handig om die kos van 'n rasper uit te borsel.
Rekkies
• Draai rekkies op die punte van die hanger om die lussie in posisie te hou.
• Rekkies hou langer as hulle gevries word.
Reuke
• Gooi bleikmiddel in bottel vir ten minste 12 ure vir baie sterk reuke.
• Indien rubber handskoene sleg ruik van sweet – Was die handskoene binne mooi en gooi 'n bietjie poeier in die handskoen en trek dan aan.
• Knoffelasem kan verwyder word deur vars mint, pietersielie of seldery te kou.
• Meng 'n eetlepel versagmiddel met water in 'n spuitbottel en siedaar 'n uitstekende lugverfrisser.
• Om die ou reuk uit bottels te kry, vul met 'n oplossing van water en koeksoda.
• Om die reuk van mottegif te verwyder, kan watte met twee of drie druppels vanilla daarop gebruik word.
• Om die uiereuk uit jou plastiekbakkies te kry. Plaas die houer in die son vir 'n paar uur.
• Om muwwerige reuk in laaie te verwyder, kan 'n suurlemoenskil in laaie geplaas word.
• Om ruik uit katsand te kry, meng katsand met babapoeier .
• Om slegte reuke uit skottelgoedwasser te verwyder – Gooi 4 eetlepels koeksoda onder die onderste rak en sit die wasser op spoel en die masjien vars te kry.
• Raak ontslae van sterk en onaangename kosreuke wat aan 'n kerfplank kleef deur dit met 'n halwe pomelo of suurlemoen te vryf en dan af te spoel.
• Sprinkel sout en kaneel oor aanbrandsels op die stoof om die reuk te verwyder.
• Strooi koeksoda in skoene wat sleg ruik – Laat oornag staan.
• Verwyder kosreuke in huis deur 1 teelepel fyn kaneel of fyn naeltjies te kook in 250ml water vir 15 minute.
• Verwyder reuke uit bottels deur vol te maak met 'n mengsel van koue water en 4 telepels droë mosterd.
• Gooi uit na 'n halwe dag en spoel deeglik uit.
• Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asynof suurlemenwater af te spoel.
• Vryf jou hande met droë mosterd om van uie-reuk ontslae te raak.
Slegte asem
• As jy in die oggend gorrel met een teelepel heuning en kaneel in warm water, dan bly jou asem deur die dag vars.
• As jy knoffel geëet het, kou kardamom saadjies in hulle omhulsels. Wanneer dit sag is, gooi die doppie weg en sluk die saadjies in, dit verbloem die reuk.
• Kou koffiepitte of pietersielie, dit laat die asem weer vars ruik, selfs al het jy knoffel geëet.
• Nadat jy knoffel geëet het, neem 'n kwart glasie melk 'n halwe teelepel vanielje essens.
• Verhit so effens in die mikrogolfoond en drink dit.
• Trek pietersielie in kookwater en laat afkoel, gorrel dan hiermee.
• Vir 'n vars asem, gorrel met lewensessens, of gorrel met pietersieliewater of kou rou pietersielie.
• Vir slegte asem kan jy net kruienaetjies kou.
Mikrogolfoond
• 3 dele water en 1 deel suurlemoensap of asyn in 'n koppie kan gekook word vir tien minute op laag om hardnekkige reuke te verwyder. Vee die mikro uit met klam lap daarna.
Riool & Toilette
• Gooi 1 koppie sout, 1 koppie koeksoda en 1 ketel kookwater in 'n riool wat met vet verstop is. Die vetterigheid los dadelik op.
• Gooi elke aand nadat die finale skottelgoed gewas is, 'n handvol sout in die afvoerpyp af.
• Die sout sal langsamerhand in die pyp afbeweeg en dit vry van vettigheidhou.
• Maak 'n pasta van boraks en suurlemoensap, spoel die toilet en smeer die pasta aan vlekke in die toilet.
• Laat dit vir 2 ure so staan en skrop dan.
• Maak altyd die toiletdeksel toe. 'n Toe deksel keer dat kieme versprei en sit 'n stop aan die man/vrou bakleiery oor wie moet wat toemaak.
• Om verstopte afvoerpype weer vry te laat vloei gooi jy 'n kwart koppie koeksoda in die uitloop.
• Gooi 'n halwe koppie asyn agterna en plaas die prop terug. Wag 15 minute en gooi 4 liter kookwater in.
• Hierdie metode kan ook gebruik word om verstopte pype skoon te maak.
• Probeer skottelgoedwasmiddel en kookwater om 'n verstopte toilet oop te maak.
• Toiletbakke kan silwerskoon gemaak word deur verslane Coke te gebruik. Laat dit vir 'n ruk staan en spoel uit.
• Toiletpapier word so ingesit dat die papier van bo-af rol.
Sigarette
• 'n Paar bakkies vol asyn in die vertrek keer ook dat die rook intrek in meubels.
• Gooi sout of bakpoeier onder in asbakkies om stompie brandvlekke te voorkom en reuke te verminder.
• Steek 'n paar kerse op in 'n vertrek waar baie gerook word.
Urinereuke - Honde en katte
• Meng 'n botteltjie vanieljegeursel met dieselfde hoeveelheid Dettol (slegs Dettol), op 750ml water.
• Gooi in spuitkannetjie en spuit op aangetaste dele, vrylik op matte, banke, gordyne en selfs in die lug as lugverfrisser.
• Dit werk wonders en ruik heerlik skoon en vars. En dit neutraliseer die reuk geheel en al.
• Om reuke van kat- en hondepiepie uit jou matte te kry -
• Kook saam 1kg Surf, 750ml Spirits, 2 botteltjies bloekomolie & 5 liter water.
• Gebruik soos matsjampoe in jou matwasser en verdun voor gebruik.
• Strooi koeksoda op die urien. Los rukkie en stofsuig soos gewoonlik. Dit sal ook voorkom dat die dier weer daar urieneer.
Verf
• Ammoniak in water trek ook die reuk uit in die vertrek.
• Gooi 'n botteltjie vanilla geursel in 'n bakkie of in 'n piering en plaas in vertrek waar die verf reuk is.
• Dit sal sommer gou die reuk verwyder.
• Om die sterk verf reuk uit 'n vertrek te verwyder, plaas 'n skottel met skoon water in die vertrek en die verf trek in die water in.
Vullisblik
• Gooi 'n bietjie kookwater binne-in plastiekbottels sodat bottel sag word. Druk dan plat en gooi in asblik.
• Gooi ys in houer gedoop in skuurpoeier en skud dit in die houer rond.
• Gooi dan 'n paar suurlemoen of lemoenskille in om reuke te verwyder.
• Hou die vullisblik higiënies deur kalk en amoniak op die bodem te gooi of Spuit 'n mengsel van Jeyes Fluid en water op jou vullisdrom om te sorg dat diere dit uitlos.
• 'n Paar motbolletjies onder in die blik voordat jy die plastieksak daarin plaas. Dit verwyder alle reuke.
• Sit bietjie katsand onder in jou vullisblik as dit ruik. Vervang wanneer klam.
Yskasreuke
• Neem 'n halwe suurlemoen en skep van die binneste deel uit met 'n lepel. Daar moet bietjie suurlemoen agterbly.
• Vul met sout en plaas in 'n bakkie agter in die vrieshokkie/yskas.
• Om reuke in yskas te verdryf plaas 'n deurgesnyde pynappel daarin.
• Plaas 'n ou spesery botteltjie (oop) gevul met vanilla essence in yskas.
• Sit 'n strukkie steenkool of 'n paar houtskoolblokkies in die yskas.
• Twee snye swart geroosterde brood as jy nie steenkool het nie.
• Was goed met asyn en soutmengsel en plaas 'n paar swembad-chloor-balletjies in 'n oop houer in die kas en maak die deur toe.
Skêre
• Knip fyn skuurpapier of “emery board” met stomp skêr om skerp te maak.
Skroefdoppe
• Trek 'n rubberhandskoen aan om 'n skroefdop makliker oop te draai.
Spieëls
• Maak 'n ou kous klam met 25ml asyn en 20ml lou water en vryf spieëls blink daarmee. Die asyn sal vlieë weghou.
• Spieëls wat opstoom in die badkamer - smeel gliserien aan en vryf op
Staalwol
• Om te verhoed dat staalwol roes, hou 'n bakkie met water waarin koeksoda opgelos is by die opwasbak en sit die staalwol daarin na gebruik.
Teëls
• Om teëls in die kombuis of badkamer mooi te laat blink, gooi 'n bietjie paraffien by die water waarmee hulle afgewas word.
Tregter
• Sny die boonste gedeelte van 'n plastiek bottel oop en gebruik as 'n tregter.
Vensters
• Gebruik ou T-hemde om ruite mee skoon te maak. Die materiaal vorm nie wolletjies nie.
• Meng een deel parafien een deel brandspiritus en een deel water. Spuit op die vensters was en laat dit self droog word.
• As dit egter waterstrepe maak poleer met ou koerantpapier.
• Sukkel om motorvensters wat toegewasem het skoon te kry. Koop 'n swartborduitveer vir jou motor.
• Maak die vensters daarmee skoon wanneer die vensters weer toewasem.
• Voeg twee eetlepels asyn by die water vir silwerskoon vensters.
• Was die voorruit af met water en dan maar 'n bietjie seep, sommer skottelgoedwasmiddel.
• Spoel af en vryf dit droog met 'n stuk opgevrommelde koerantpapier.
• Was vetterige voorruit met Coke. Coke bevat Fosforsuur. Die suur breek die vet af. Was dan die ruit na die soos gewoonlik.
Vlekke
• Verwyder altyd 'n vlek van die randjie na binne om 'n te voorkom dat dit vloei.
Aanpaksels
• Aanpaksels aan 'n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn
• As jy aangebrande kos vinnig uit 'n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels koeksoda of sout gevoeg is.
• Citrus Soda en suurlemoen of asyn maak 'n aangebrande pot sommer vinnig skoon!
• Om kalk te verwyder, kook ketels met asynwater.
• Plaas ketel in vrieskas totdat kante gevries is, sodra dit ontdooi kom die aanpaksel af.
• Voordat 'n nuwe pan gebruik word, kook 'n bietjie skoon asyn vir 'n paar minute daarin. Sal ook voorkom dat vasbrand.
• Voorkom aanpaksel deur 'n glas albaster permanent in die ketel te gooi.
• Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is.
• Hervul met skoon water en stoom weer die tenk leeg.
Baddens
• Gooi skoon swembadchloor pasta bo op en laat staan vir 'n paar minute.
• Om baddens skoon te maak, meng 2 eetlepels kalk, 2 eetlepes sout en 'n halwe bottel parrafien.
• Skuur met ou tandeborsel gedoop in wynsteensuur en peroxide mengsel.
• Vryf skoon met suurlemoensap en sout pasta.
Beet
• As beetvlekke op 'n kledingstuk is, gooi 'n bietjie melk op die vlek en laat week in koue soutwater. Was dan in warm seepwater.
• Op 'n mat kan beetvlekke verwyder word deur gliserien met 'n spons in te vryf en dit dan met warm seepwater te was.
Bier
• Biervlekke kan uit 'n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.
Bloed
• As die bloed reeds droog is, week in koue soutwater (een eetlepel sout per liter water).
• Mielieblom kan bloedvlekke verwyder. Spoel die vlek in koue water, vryf dan klam mielieblom in. Plaas die item in die son.
• Om bloedvlekke uit te kry – week goed in parrafien en dan weer in koue water.
• Sodawater of wit asyn haal gewoonlik bloed vlekke uit matte uit.
• Week bloedvlek in koue water indien moontlik voordat die bloed droog is - en was daarna met seep in koue water.
Braaipan
• 'n Elektriese braaipan kan met foelie uitgevoer word om dit vlekloos te hou.
Brasso
• Op muurpapier kan dit verwyder word deur witbrood liggies oor die vlek te vryf.
• Op 'n mat moet dit eers droog word en kan daarna afgeborsel word.
Gras
• Indien die wit rugbybroekies groen merke op kry van die gras wanneer daar gespeel word.
• Spuit "windolene" daarop en vryf die broekie. Was dan soos gewoonlik en die groen merke sal weg wees.
• Vryf groenkoekie Sunlight Seep op vlek en laat in son droog word. Was dan soos gewoonlik.
Handdoeke
• Om vlekke op 'n handdoek te verwyder, vryf vlek met 'n bietjie Dettol.
• Handdoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water - word sag gemaak deur die handdoeke in warm water met seep en ongeveer 'n handvol sout by (Los die sout op in die water) gegooi is. Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit. Spoel weer maar gooi so 2 eetlepels wit asyn in die laaste uitspoelwater.
Ink
• Gebruik brandspiritus, alkohol of haarspoei om Balpunt pen ink-kol te verwyder. - Sit die gevlekte materiaal op 'n droë stuk watte. Deurweek nog 'n stuk watte met brandspiritus of bensien en dep dit aan die vlek. Herhaal met 'n skoon stukkie watte tot die vlek uit is. Spuit haarsproei aan die vlek en dep met skoon stukkies watte.
• Gebruik naellakverwyderaar om viltpenmerke van jou vel te verwyder.
• Ink uit tapyte te haal. - Neem karringmelk en 'n skoon lap. Gooi karringmelk op die ink en druk op met die lap totdat die ink uit is. Was dan die plek met warm water en ammoniak.
• Merkersink - Ink waarmee goedere gemerk is kan afgehaal word deur dit met 'n papierhandoek wat in alkohol gedoop is te vryf
• Om ink van 'n balpuntpen uit klere te haal: Drup Lennons Witdulsies op die merk en was soos gewoonlik.
• Strooi dadelik sout oor ink wat op wit materiaal gemors is vryf met 'n suurlemoen daaroor.
• Spoel die materiaal dan dadelik af en was soos gewoonlik.
• Vryf botter op die vlek en was die kledingstuk of vryf dit skoon met 'n lap wat in baie warm water geweek is.
• Jy kan ook eau-de-cologne of tandepasta gebruik.
Klere
• Bêre al jou wit goed in blou plastiese sakke. Dit keer dat die klere nie geel word nie.
• Blousel - dit kry in meeste supermarkte. Laat dit 'soak' - wees net versigtig want as dit nie mooi opgelos het nie maak dit bou kolletjies op jou klere.
• Kry vir jou 'n koekie Sunlight seep. Maak die klere nat en smeer hulle behoorlik met sunlight seep. Jy moet smeer en smeer totdat die wit skuimbolle verskyn. Laat lê dit so nat vir 2 of drie dae. (Moenie weer water bytap nie - die seep kan maar so droog word in die klere). Was dit dan normaalweg.
• Week dit in Sterri Nappi oornag. Dit was katoene, wolle, ens. en dit het niks skade aan die klere aangebring nie, maar die klere is so wit soos kan kom.
• Week wit sokkies in soutwater voordat jy dit was – dit verwyder alle vlekke.
Kraag
• Maak 'n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag.
Kryt
• Krytmerke op mure en klere - borsel met tandepasta op ou tandeborsel.
Koppies
• Week die vlek in in eetlepel sout en een koppie water. Nat sout verwyder die vlekke van koppies en pierings.
• Vlugsout haal vetvlekke uit.
• Week koffiebekers oornag in 'n bleikmiddel om van vlekke ontslae te raak.
Kougom
• Verwyder kougom uit jou klere om die taai kol met grondboonbotter te smeer.
• Die olierigheid en so werk te mooi saam om die taaiheid uit te kry. So 'n klein bietjie vryf en alles is uit.
• Vryf 'n ysblokkie daaroor sodat dit kan hard word en trek af. As dit 'n vlek los, druk 'n bietjie bloekomolie of terpentyn op. Dis geskik vir vloere, matte, teels en materiaal.
Linne
• Om linnegoed wit te maak. Sny 'n dik skyf van 'n skoongemaakte suurlemoen. Sit dit saam met die linne in 'n pot as dit gekook word. Die suurlemoen neem al die vlekke uit die linne uit en maak dit mooi wit.
• Warm seepwater is die beste raad vir vlekke op tafellinne.
Lipstiffie
• Lipstiffie kan verwyder word deur die kledingstuk tien minute in seepwater te week, uit te spoel en weer in seepwater te was.
• Verwyder lipstiffiemerke van jou klere met bloekomolie.
Marmervlekke
• Om vlekke uit marmer te haal strooi jy fyn boraks op. Was na 'n paar minute dit af met warm water.
Matte
• Biervlekke kan uit 'n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.
• Indien troeteldier op die mat geurineer het, gooi koeksoda daarop. Los rukkie en stofsuig soos gewoonlik.
• Meng 4 eetlepels brandspiritus, 4 eetlepels wit asyn, 4 eetlepels "Scrubb's Cloudy Ammonia" en 1 liter warm water.
• Spuit met sproeikannetjie op die kol en borsel deeglik
• Om ink uit matte te haal. - Neem karringmelk en 'n skoon lap. Gooi karringmelk op die ink en druk op met die lap totdat die ink uit is. Was dan die plek met warm water en ammoniak.
• Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkig vlekke soos rooiwyn en bloed uit matte uit.
• Stop 'n skoon vloerlap in 'n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee.
• Verwyder kolle op 'n mat met 1 deel witasyn en 3 dele water.
• Waar ink op 'n mat gemors is - trek jy dit dadelik op met kladpapier, vryf die kol met 'n lap wat in gekookte melk gedoop is en vryf daarna met 'n droë lap.
Olie & Vetkolle
• Gooi babapoeier op vetkolle in kledingstukke voor jy dit was.
• Indien daar olie op die plaveisel of motorhuisvloer gedrup het, kan dit skoongemaak word deur gewone sement op die olie te gooi. Die sement sal die olie absorbeer en kan na 'n dag of wat met 'n besem weggevee word.
• Oliebottels kan maklik skoongemaak word deur 'n bietjie koffiemoer in die bottels te gooi en goed te skud.
• Was daarna uit met skoon water.
• Om kerswas van materiaal te verwyder, pPlaas 'n stuk koerantpapier bo-oor die materiaal en stryk met 'n lou yster.
• Die was sal dan in die papier in trek en die materiaal sal weer skoon wees.
• Om vet kolle van klere te verwyder is om 'n blikkie Coke op die klere te gooi. Was dan die klere soos normaal.
• Die Coke sal help om die vetkolle op te breek en te verwyder.
• Om vetkolle van klere te verwyder, spuit gewone Doom op die kol en vryf die kol en spoel uit.
• Vryf olie- en vetvlekke op klere met bensien. Was dan soos gewoonlik en hang op om droog te word.
Pampoen
• Om te verhoed dat die hande vlekke wanneer pampoen geskil word, smeer die hande vooraf met bietjie botter of vet.
• Suurlemoensap sal hande wat deur groente gevlek is weer mooi wit.
Plafonne
• Plafonne wat klein merkies of vlekke op het, kan weer nuut lyk as dit met wit skoenpolitoer behandel word.
• Vir kwaai waterlekke wat die plafonne bruin vlek: Verf wit padverf daarop. Die bruin vlekke sal nie weer deurslaan nie.
Roes
• Vryf 'n bietjie wynsteensuur saam met water op die roesvlek.
Sigarette
• Gooi bakpoeier onder in asbakkies om stompie brandvlekke te voorkom en reuke te verminder.
• Verwyder nikotienvlekke van jou hande met suurlemoensap.
Strykyster
• Verwyder stysel wat vasgebrand het aan 'n yster deur tafelsout op bruinpapier te gooi en die yster daaroor te vryf.
• Vryf 'n halwe suurlemoen gedoop in sout oor die strykyster se boom.
Sweet
• Dit is nie nodig om moedeloos te raak oor perspirasievlekke op kledingstukke nie.
• Gebruik sommer die wasbak en week die kledingstuk in vuur warm water en 'n koppie wit asyn.
• Gebruik 'n houtlepel om dit nou en dan om te roer. Week dit vir 1 uur en was dan soos gewoonlik.
• Hardnekkige sweetvlekke op wit klere kan ook met aspirien verwyder word.
• Los twee aspirientablette op in warm water en weet die vlek daarin vir 'n paar uur. Was dan soos normaal.
• 'n Alternatief is om bloot 'n koppie asyn by die spoelsiklus van jou wasgoed te gooi.
• Dit moet egter net by koue water gevoeg word. Asyn is ook 'n goedkoop alternatief vir 'n versagmiddel.
• Nog raad vir vlekke op klere is om 'n pasta met bakpoeier en water te maak en dit op die vlek te los vir 1 uur.
• Was dan soos gewoonlik.
• Probeer so van hardnekkige sweetvlekke ontslae raak op wit kledingstukke: Meng een deel water met vier dele waspoeier en smeer dit aan die plekke (aan die binnekant van die klere). Laat dit vir een uur staan en borsel dan liggies. Spoel die kledingstuk skoon met koue water. Week dit dan oornag in koue water gemeng met vier eetlepels waspoeier. Was dan soos normaalweg.
Tee
• Om teevlek uit materiaal te kry, maak 'n mengsel van gliserien en die geel van 'n eier. Wend aan en laat droog word.
• Was in koue water.
• Vryf teevlekke met fyn tafelsout van teekoppies af.
• Verwyder koffie- en teevlekke op plastiekware deur dit met koeksoda te skuur.
Teer
• Haal teer op motors af met paraffien.
• Om teermerke van jou motor af te kry, vryf die merk op met gewone botter of margarien aan 'n lap.
• Teerkolle op klere kan verwyder word deur bloekomolie op die kolle te smeer en dit daarna met warm water te was.
Toilet
• Gooi 'n blikkie Coke in die toilet en laat staan vir 'n uur. Spoel die toilet en jy sit met 'n sprankel skoon toilet.
• Om 'n gevlekte toilet skoon te maak is swembadsuur of chloor in toilet gegooi word en gelaat vir 'n ruk. Skrop en spoel.
• Om hardnekkige water vlekke in bak uit te kry kan 3 koppies asyn ingegooi word en gelaat word vir 'n paar uur. Borsel en spoel.
Vlekvryestaal
• Om messegoed van vlekvryestaal skoon te kry, maak die opwasbak in jou kombuis halfvol water, voeg 'n halwe koppie huishoudelike bleikmeiddel daarin en week die messegoed 'n halfuur lank. Spoel deeglik af en vryf droog.
Vrugtevlekke
• Om vrugtevlekke uit materiaal te haal. Sprei die stuk oor 'n bak, gooi kookwater tweemaal daarop, en droog dit in die son. Moenie seep gebruik nie.
Water
• Indien jy hardnekkige watervlekke in 'n beker of houer het – Vul houer met asyn en laat staan 'n paar uur en verwyder dan met 'n skuursponsie. (Asyn kan oor en oor gebrik word vir die doel.)
• Indien warmfles lank gaan staan: Gooi 'n paar suiker klonte in die fles om klammigheid uit te hou.
• Maak 'n gevlekte warmfles skoon met 3 eetlepels koeksoda gevul met kookwater.
• Laat vir 15 minute, spoel en laat om droog te word.
• Om hardnekkige koffie reuke en vlekke in warmfles te verwyder, gooi een koppie kookwater met een eetlepel rou rys in. Skud die bottel vir 'n paar minute, spoel uit en laat om droog te word.
Wyn
• Gooi dadelik sout op die vlek of gooi witwyn oor die vlek.
• Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkig vlekke soos rooiwyn uit matte uit.
Vuurmaak
• Gebruik leë melkkartonne om vuur te maak – die lagie waarmee hulle buite behandel is maak dat hulle lank brand.
• Gebruik ongebruikte sanitêre doekies om vuur aan te steek.
• Indien jy papier brand moenie gekleurde tydskrifte gebruik nie, dit laat lood gasse agter.
• Rol koerantpapier in 'n dun rolletjie. Knak in die middel en steek vuur dan aan.
• Vuurhoutjies wat nat is kan die punt in naellak gedruk word en onmiddellik aangesteek word terwyl dit nog nat is.
Was
Skottelgoed
• 'n Wenk vir almal wat so lui is om laatnag skottelgoed te was. Spuit 'n oplossing skottelgoedseep en water op die stoof, potte en ander skottelgoed. (Laat die eetgerei in 'n roomysbak met water week). Die volgende oggend vee jy net die stoofoppervlak af, en potte en ander skottelgoed is sag en reg vir die was.
• Skottelgoedseep - Gebruik die plastiek tipe tweeliter koeldrankbottels. Gooi twee bottels koue water (dus 4 liter water) in 'n kastrol. (Groot genoeg om sowat 11 liter vloeistof te kan neem) Plaas die kastrol op 'n stoofplaat wat op die hoogste hittegraad aangeskakel is.
• Terwyl die water stadig warm word gooi die volgende in die kastrol:
• 2 Bottels Anti Bacterial Dishwashing Liquid (1,5 liter elk) of enige ander tipe vloeibare skottelgoedseep.
• 1kg Waspoeier. Die goedkoopste wat jy in die hande kan kry. Op die stadium koop ek Daisy High Foam.
• Die tipe waspoeier wat jy vir outomatiese wasmasjiene koop is nie so geskik nie omrede dit minder skuim en ook duurder is.
• Ek gebruik 'n houtlepel om die mengsel stadig deur te roer.
• Hierna gooi ek nog twee, tweeliter bottels warm kraanwater by die mengsel (dus nog 4 liter warm water).
• Roer die mengsel steeds stadig deur. Hierna kom die laaste twee bestanddele by:
• 1 Groot opskeplepel Glycerine en 4 groot opskeplepels Spirits (Blou pers menthylated spirits)
• Roer alles goed deur. Wanneer die water amper kookpunt bereik, haal die mengsel van die stoofplaat af en laat dit heeltemal afkoel. Gooi daarna oor in bottels vir verdere gebruik.
• Dit lewer sowat 11 liter skottelgoedseep.
Wasgoed
• As beetvlekke op 'n kledingstuk is, gooi 'n bietjie melk op die vlek en laat week in koue soutwater. Was dan in warm seepwater.
• As die bloed reeds droog is, week in koue soutwater (een eetlepel sout per liter water).
• Bespaar water en krag deur jou lakens teen 60 grade, in plaas van 90 grade te was. Dit sal nog skoon wees!
• Gebruik brandspiritus, alkohol of haarspoei om Balpunt pen ink-kol te verwyder. - Sit die gevlekte materiaal op 'n droë stuk watte. Deurweek nog 'n stuk watte met brandspiritus of bensien en dep dit aan die vlek. Herhaal met 'n skoon stukkie watte tot die vlek uit is. Spuit haarsproei aan die vlek en dep met skoon stukkies watte.
• Gooi babapoeier op vetkolle in kledingstukke voor jy dit was.
• Gooi dadelik sout op die witwynvlek.
• Handdoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water. Was jou handdoeke in warm water met seep en gooi ongeveer 'n handvol sout by (Los die sout op in die water). Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit. Spoel weer maar gooi so 2 eetlepels ammoniak of wit asyn in die laaste uitspoelwater.
• Hou afdroogdoeke sag deur hulle onder koue water, met 'n knippie Engelse sout by, uit te spoel.
• Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie asyn te week.
• Hou sokkies in pare deur hulle met hakspelde aan mekaar vas te maak en dan in die wasmasjien te gooi.
• Dit bespaar baie tyd en veral as die gesin groot is.
• Indien die wit rugbybroekies groen merke op kry van die gras wanneer daar gespeel word.
• Spuit "windolene" daarop en vryf die broekie. Was dan soos gewoonlik en die groen merke sal weg wees.
• Kry vir jou 'n koekie Sunlight seep. Maak die klere nat en smeer hulle behoorlik met sunlight seep.
• Jy moet smeer en smeer totdat die wit skuimbolle verskyn. Laat lê dit so nat vir 2 dae.
• (Moenie weer water bytap nie - die seep kan maar so droog word in die klere). Was dit dan normaalweg.
• Krytmerke op klere - borsel met tandepasta op ou tandeborsel.
• Lipstiffie kan verwyder word deur die kledingstuk tien minute in seepwater te week, uit te spoel en weer in seepwater te was.
• Maak 'n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag.
• Mielieblom kan bloedvlekke verwyder. Spoel die vlek in koue water, vryf dan klam mielieblom in. Plaas die item in die son.
• Om beetvlek te verwyder gebruik gliserien met 'n spons in te vryf en dit dan met warm seepwater te was.
• Om bloedvlekke uit te kry – week goed in parrafien en dan weer in koue water.
• Om ink van 'n balpuntpen uit klere te haal: Drup Lennons Witdulsies op die merk en was soos gewoonlik.
• Om inkvlekke uit te kry, Vryf botter op die vlek en was die kledingstuk of vryf dit skoon met 'n lap wat in baie warm water geweek is. Jy kan ook eau-de-cologne of tandepasta gebruik.
• Om kant wit te hou, was dit gereeld in melk.
• Om kerswas van materiaal te verwyder Plaas 'n stuk koerantpapier bo-oor die materiaal en stryk met 'n lou yster.
• Die was sal dan in die papier in trek en die materiaal sal weer skoon wees.
• Om linnegoed wit te maak. Sny 'n dik skyf van 'n skoongemaakte suurlemoen.
• Sit dit saam met die linne in 'n pot as dit gekook word. Die suurlemoen neem al die vlekke uit die linne uit en maak dit mooi wit.
• Om muf uit klere te kry,
• Neem 'n halwe botteltjie vanilla essence, gooi dit in 'n skottel met water en week die kledingstuk 'n ruk daarin.
• Hang dit dan in die buitelig om droog te word.
• Neem verdunde water en vanielje en lê jou klere daarin. Dit het regtig die muf reuk uit die baadjiie geneem.
• Week net jou kledingstuk oornag in asyn of Jeyes Fluid, dit behoort die reuk uit te kry
• Om slegte reuke wasmasjien te verwyder – Gooi 4 eetlepels koeksoda en sit die wasser op spoel.
• Om te voorkom dat ligte wolletjies op donker klere kom, draai die binnekant buite toe en was dan.
• Om te voorkom dat wolklere rek in 'n wasmasjien – gooi dit in 'n kussingsloop en was dan.
• Om teevlek uit materiaal te kry, maak 'n mengsel van gliserien en die geel van 'n eier.
• Wend aan en laat droog word. Was in koue water.
• Om vet kolle van klere te verwyder is om 'n blikkie Coke op die klere te gooi. Was dan die klere soos normaal.
• Die Coke sal help om die vetkolle op te breek en te verwyder.
• Om vetkolle van klere te verwyder, spuit gewone Doom op die kol en vryf die kol en spoel uit.
• Om vlekke op 'n handdoek te verwyder, vryf vlek met 'n bietjie Dettol.
• Om vrugtevlekke uit materiaal te haal. Sprei die stuk oor 'n bak, gooi kookwater tweemaal daarop, en droog dit in die son. Moenie seep gebruik nie.
• Sodawater of wit asyn haal rooiwynvlekke uit.
• Strooi dadelik sout oor ink wat op wit materiaal gemors is vryf met 'n suurlemoen daaroor.
• Spoel die materiaal dan dadelik af en was soos gewoonlik.
• Teerkolle op klere kan verwyder word deur bloekomolie op die kolle te smeer en dit daarna met warm water te was.
• Verminder jou kragrekening deur al jou strykwerk op een slag te doen.
• Verminder jou kragrekening deur die wasmasjien se voor-was siklus oor te slaan as jou klere nie baie vuil is nie.
• Dit sal tot 20% minder elektrisiteit gebruik.
• Verwyder kougom uit jou klere om die taai kol met grondboonbotter te smeer.
• Die olierigheid en so werk te mooi saam om die taaiheid uit te kry. So 'n klein bietjie vryf en alles is uit.
• Verwyder lipstiffiemerke van jou klere met bloekomolie.
• Voeg asyn by uitspoelwater van gordyne. Dit sal verhinder dat stof maklik aan gordyne vaskleef.
• Vryf 'n bietjie wynsteensuur saam met water op die roesvlek.
• Vryf olie- en vetvlekke op klere met bensien. Was dan soos gewoonlik en hang op om droog te word.
• Warm seepwater is die beste raad vir vlekke op tafellinne.
• Was kantgordyne in 'n kussingloop sodat dit nie beskadig raak in die wasmasjien nie.
• Wasmajiene en skottelgoedwassers moet net aangesit word as hulle vol is.
• Week bloedvlek in koue water indien moontlik voordat die bloed droog is - en was daarna met seep in koue water.
• Week gevlekte klere in Sterri Nappi oornag. Dit was katoene, wolle, ens. en dit het niks skade aan die klere aangebring nie, maar die klere is so wit soos kan kom.
• Week jeans in soutwater voor jy dit was om te verhoed dat dit verbleik.
• Week wit sokkies in soutwater voordat jy dit was – dit verwyder alle vlekke.
• Klere
• Draai gewone rekkies op die punte van die hanger om die lussie in posisie te hou.
• Gebruik 'n hand skeermes om wolletjies van truie af te skeer.
• Gooi 1 teelepel olyfolie by wit wolgoed laat dit mooi spierwit bly.
• Hou 'n magneet in jou spelde blikkie om alles mooi bymekaar te hou. (Veilig indien dit sou uitval)
• Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie witasyn te week.
• Indien jy 'n romp moet ophang op 'n gewone hanger – Knyp dit vas met 2 wasgoedpennetjies aan 'n draadhanger.
• Lipstiffie kan verwyder word deur die kledingstuk tien minute in seepwater te week, uit te spoel en weer in seepwater te was.
• Om 'n rits makliker beweegbaar te maak kan dit met kerswas, seep of potlood bo-oor gevryf word.
• Om inkvlekke uit te kry, Vryf botter op die vlek en was die kledingstuk of vryf dit skoon met 'n lap wat in baie warm water geweek is. Jy kan ook eau-de-cologne of tandepasta gebruik.
• Om kreukels sonder 'n strykyster uit jou klere te kry en hang klere op hangers in toe badkamer wat vol stoom is.
• Om muf uit klere te kry, Neem 'n halwe botteltjie vanilla essence, gooi dit in 'n skottel met water en week die kledingstuk 'n ruk daarin. Hang dit dan in die buitelig om droog te word.
• Om muf uit klere te kry, neem verdunde water en vanielje en lê jou klere daarin.
• Dit het regtig die muf reuk uit die baadjiie geneem.
• Om muf uit klere te kry, plaas suurlemoenskil in laaie om van die muwwerige reuk ontslae te raak.
• Om muf uit klere te kry, week jou kledingstuk oornag in asyn of Jeyes Fluid - dit behoort die reuk uit te kry
• Om statistiteit uit jou klere te kry, steek 'n klein speltjie aan die binnekant van die soom van die rok, romp en selfs langbroek.
• Om te verhoud dat jeans verbleik, week jeans in soutwater voor jy dit was.
• Om te voorkom dat ligte wolletjies op donker klere kom, draai die binnekant buite toe en was dan.
• Om te voorkom dat wolklere rek in 'n wasmasjien – gooi dit in 'n kussingsloop en was dan.
• Om vismotte te beperk in jou klere kaste kan jy moesilien sakkies vol gegeurde kruie of klein sepies daarin sit – dit laat jou klere ook lekker ruik.
• Om wit handsakke of skoene skoon te maak vryf jy hulle met 'n lap gedoop in Dettol.
• Plaas maklike items onder matras vir 'n ruk om glad te druk en stryk/stoom dan.
• Teerkolle op klere kan verwyder word deur bloekomolie op die kolle te smeer en dit daarna met warm water te was.
• Vir blink klere – Stryk met ‘press’-lap natgemaak in asyn.
• Vir blink klere – Vryf die blinkkant van klere met 'n halwe koppie swart koffie met 'n halwe koppie water. “Press” dan met 'n lap.
• Vir blink klere – Vryf dit met 'n lap gedruk in terpentyn of wit spiritus. Die reuk gaan later weg.
• Voed Leerbaadjies deur olyfolie op watte (of sagte lap) te sit en dan die leerbaadjie daarmee af te vee.
Handskoene
• Indien rubber handskoene sleg ruik van sweet – Was die handskoene binne mooi en gooi 'n bietjie poeier in die handskoen en trek dan aan.
• Om handskoene skoon te hou: Voor nuwe handskoene gebruik word, smeer die binneste goed met kryt.
• Dit sal help dat die handskoene nie vuil word van die sweet nie.
• Stoor die handskoene binnekant buite tot volgende keer gebruik word.
• Linne
• Nadat jy die lakens en kussingslope gestryk het, sit byde lakens netjies en bypassende kussingslope binne een kussingsloop. (Alles is dan netjies bymekaar.)
• Om paslakens op te vou – vou laken in helfte, sit hoeke in mekaar, vou weer dubbel en sit dan al hoeke netjies binne in mekaar. Nou kan jy die rante binne toe vou en die laken verder vou.
Warmwatersak
• 'n Warmwatersak kan gevul word met kookwater deurdat dit plat op die tafel lê hou die nek skuins en gooi dan die water in. Gooi 1 teelepel sout by om water langer warm te hou.