Thursday, 6 November 2014

Florrie se kloek-kloek quiche (goed vir diabete)



Florrie se kloek-kloek quiche (goed vir diabete)
Bestanddele
1 ui, gekap
 1 knoffeltoontjie, fyngemaak
 olie
 4 hoenderborsies, in repies gesny
 1 bos spinasie, in repies gesny
 sout en peper
 gemengde speserye
 6 eiers, geklits
 1 koppie cheddarkaas, gerasper

Metode
Braai ui en knoffel in olie.
 Voeg hoenderrepies en spinasie by, geur met sout, peper en speserye, en braai tot gaar.
 Plaas dit in 'n oondbak.
 Voeg eiers by en meng goed.
 Bak teen 180 grade vir 10 minute tot eiers stol.
 Sprinkel kaas oor.
 Rooster in oond totdat kaas bruin is.