Friday 14 November 2014

Churros met wit sjokolade en aarbeie




Churros met wit sjokolade en aarbeie

 

Deur: Nina Timm


Bestanddele
500 ml water
60 ml suiker
5 ml sout
60 ml kookolie
500 ml meel
5 ml vanieljegeursel
750 ml kookolie
suiker om churros in te rol

Metode
Gooi die water, suiker, vanielje en olie in 'n mediumgrootte pot, en bring tot kookpunt.
Sodra dit kook, verwyder van die hitte, voeg die meel by en roer met 'n houtlepel tot die deeg 'n bal vorm.
Skep die deeg in 'n spuitsak met 'n dun sterpunt en hou gereed.
Verhit die olie in 'n groot pan (Ek gebruik 'n wok).
Hou 'n bord, gevoer met 'n kombuishanddoek, gereed.
Kry 'n skêr gereed en wanneer die olie warm is, druk die mengsel in die warm olie in repies van sowat 10 cm lank.
Soos jy druk met jou een hand, sny jy die churros met 'n skêr in jou ander hand.
Sodra die churros goudbruin is, gebruik jy 'n gaatjieslepel om dit te verwyder uit die olie en te dreineer op die kombuishanddoek.
Besprinkel met suiker, en geniet met gesmelte wit sjokolade en aarbeie of aarbeicoulis.