Thursday, 2 October 2014

WARE GELUK RUMKOEK



WARE GELUK RUMKOEK
JY BENODIG
• 1/2 kppi botter
• 1 1/4 kpps suiker
• 2 eiers
• 2 kpps bruismeel ...
• 1/2 tlpl bakpoeier
• 1/2 tlp koeksoda
• 1/4 tlpl sout

• 1/2 tlpl fyn kaneel
• 1/2 tlpl neutmuskaat
• 1/2 tlpl fyn gemmer
• 2 appels, ontpit, geskil en grofgekap
• 1 kppi gedroogde cranberries
• 1 1/2 kpps pekanneute
• 2 eetlpl rum
METODE
Verroom botter en suiker in groot mengbak. Klits eiers een-een by. Sif droë bestanddele saam en vou by bottermengsel. Roer appels, cranberries en neute by. Smeer medium ringpan met ‘n boetjie botter en strooi met meel. Skep beslag in en bak in oond vir 55 minute teen 180°C. Bedrup warm koek met rum sodra dit uit oond kom. Laat afkoel in pan. Bedien met Warm Rumsous.

WARM RUMSOUS:
JY BENODIG
• 1/2 kppi buinsuiker
• 1/2 kppi botter
• 2/3 kppi vars room
• 1/4 kppi rum
METODE
Verhit bestanddele in kastrolletjie en laat prut vir 3 minute of totdat sous begin verdik, roer gedurig.

Nota: Beide die koek en die sous is nog lekkerder as dit ‘n dag vooraf gemaak word. Bedek sous en plaas in yskas tot benodig.
Bron: Die Nataniel Tafel