Thursday 2 October 2014

KONINGKLIP MET RISOTTO




KONINGKLIP MET RISOTTO
JY BENODIG
• 1 eetlpl botter
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 300g vars vinkel, gekap • 400g arboriorys ...
• 1/2 kppi witwyn
• 1,5 liter groente-aftreksel
• 1 eetlpl dille, fyngekap
• 120g mascarpone
• 60g Parmesan
• 1/2 kppi vars ertjies
• ekstra botter of olie
• 2 koningklipfillete (ander witvis kan ook gebruik word)
• vars basiliekruid
• skil van 1/2 suurlemoen

METODE
Smelt 1 eetlpl botter oor matige hitte in 'n groterige kastrol. Voeg ui en knoffel by, braai vir 2 minute. Roer rys by. Voeg wyn en vinkel by en kook vir 2 minute. Voeg ertjies by. Voeg die aftreksel in klein bietjies by totdat rys alle vloeistof absorbeer het, roer aanhoudend. Verhit 'n klein bietjie botter of olie 'n pan en braai die vis vir 2 minute aan elke kant of tot gaar. Wanneer die rys gaar en romerig is, verminder die hitte tot laag en roer die mascarpone, parmesan en dille by. Bedien rys met vis bo-op. Garneer met suurlemoenskil en basiliekruid
Bron: Die Nataniel Tafel