Monday 6 October 2014

servethouers




HEKEL-PROJEK: Gebruik jou helderkleurige oorskietbreidraad en hekel ’n stel servethouers
Hekel elke medaljon in drie teenstellende kleure in rondtes van kortbeen of halwe langbeen.
Afkortings
gls glipsteek
her herhaal
hlb halwe langbeen
ks kettingsteek
lb langbeen
pat patroon
rdte rondte
vlg volgende
Ronde motiewe
Met 3,25 mm-hekelpen en eerste kleur breidraad, hekel 4 ks, las met ’n gls om ’n ring te vorm.
1e rdte: hekel 10 hlb in die ring. Knip eerste kleur af en las tweede kleur breidraad aan.
2e rdte: hekel 20 hlb in die ring.
3e rdte: hekel 40 hlb in die ring. Knip tweede kleur af en las derde kleur aan.
4e rdte: hekel 80 hlb in die ring.
Dit stel die volgorde van die patroon vas. Jy kan die ronde motiewe so groot maak soos jy wil en die kleure na willekeur verander aan die einde van ’n rdte.
Hekel elke medaljon omtrent 5 cm in deursnee. Gebruik verkieslik vierdraad breidraad, aangesien jy ’n hele paar rondtes sal kan hekel en meer detail skep voordat jy afheg. Jy het agt medaljons vir elke servethouer nodig. Vir ekstra kleur, maak twee houers per servet, soos op die foto. Werk die los punte aan die agterkant van die werk weg. Sit die voltooide medaljons in ’n ry neer en werk dit netjies aan mekaar – werk die buiterande waar die medaljons bymekaarkom met ’n paar glipstekies vas. Wanneer al agt aan mekaar gewerk is, werk die eerste en laaste medaljons aan mekaar om ’n buis te vorm. Vou die servette plat sodat dit presies in die gehekelde servethouer pas, pars dit en trek die houer oor die servette.