Tuesday 14 October 2014

Natuurlike muskiet en insekwerende olie




Natuurlike muskiet en insekwerende olie
3 koppies groenteolie
1 koppie fyngesnyde sitronellablare / ½ koppie gedroogde kruie
1 koppie fyngesnyde vars roosmalvablare / ½ koppie gedroogde kruie
1 koppie fyngesnyde vars aweruitblare / ½ koppie gedroogde kruie
Verhit die olie in ‘n dubbelkoker.
Voeg die kruie by en maak seker al die blare is toe onder die olie.
Laat dit minstens ‘n uur lank prut.
Syg deur ‘n doek.
Hou die olie in ‘n glashouer en wend dit op die vel aan as dit nodig is.