Wednesday 15 October 2014

Kaas-en-mieliebrood



Kaas-en-mieliebrood
Lewer 1 brood
Bereiding: 20 min.
Baktyd: 60-70 min.

500 g bruismeel
5 ml (1 t) sout
3 ml (ruim ½t)
bakpoeier
1 blik (410 g) heelpitmielies, gedreineer
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
200 ml cheddarkaas, gerasper
500 ml (2 k)
karringmelk
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan van 26 x 13 cm.
  1. Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Voeg die mielies, pietersielie, helfte van die kaas en die karringmelk by en roer liggies met ’n vurk.
  2. Skep in die voorbereide pan, sprinkel die orige kaas bo-op en bak 1 uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die brood kom.