Tuesday 14 October 2014

Foto-tafelloper




Foto-tafelloper

Gebruik plakboekpapier met ’n mooi vorm en sny die binnekant daarvan weg sodat net die raam oorbly. Rangskik ou foto’s op ’n stuk wit papier wat in die raam pas, sit die raam bo-op en fotokopieer dit ’n paar keer. Herhaal met ’n ander kleur raam en maak dit effens groter of kleiner indien verkies. Knip al om die rame uit. Pak hulle in die regte volgorde langs mekaar en stik hulle met ’n kontraskleur gare in die middel af aan mekaar vas om ’n lang tafelloper vorm.

WENK Verras jou gaste deur foto’s van hulle vir jou tafelloper te gebruik.