Tuesday 14 October 2014

Aarbei-skuimpoeding




Aarbei-skuimpoeding

Genoeg vir: 4

• 400g vars aarbeie, blare en stingels verwyder
• 50ml strooisuiker
• 25ml Cape Velvet- of Amarula-likeur (opsioneel)
• 350ml gekoopte vla

• 125ml room

1 Hou ’n paar aarbeie eenkant vir garnering en kap die ander fyn of maak dit fyn in ’n voedselverwerker. Roer die strooisuiker en likeur by. Roer die vla by.

2 Klop die room styf. Vou dit by die vlamengsel in en skep in glase of glasbakkies. Sny die orige aarbeie in skyfies en garneer die nageregte daarmee. Bêre in die yskas tot etenstyd.

Variasie Gebruik enige vars bessies pleks van die aarbeie. Laat die alkohol weg en voeg 25 ml vars bessie- of lemoensap by.