Thursday 25 September 2014

Worsiegebak




Worsiegebak
Genoeg vir: 4
Bestanddele:
• 500 g baba-aartappels, gehalveer...
• 700 g gemengde worsies (kaasworsies, Weense worsies en/of chorizo)
• 1 kort baguette, geskeur
• 100 ml olyfolie
• ’n paar takkies roosmaryn

• vars slaai vir voorsit
1 Kook die aartappels in soutwater tot dit net sag is. Dreineer. Sny die worsies in lengtes van 3 cm en meng dit met die aartappels, brood en olyfolie. Geur met sout en peper en rangskik in ’n oondbak.

2 Sprinkel die roosmaryn oor en bak in ’n voorverhitte oond teen 180 ºC vir 30-45 minute tot alles goudbruin en gaar is. Sit voor met vars slaai.