Monday 22 September 2014

Stok-roosterkoek




Stok-roosterkoek
Genoeg vir 4 mense
 Bereiding: 20-30 minute
 Gaarmaaktyd: 10-15 minute
250 ml (1 k) koekmeel
 5 ml (1 t) bakpoeier
 5 ml (1 t) sout
 15 ml (1 e) margarien
 125 ml (½ k) water
1.Sif die droë bestanddele saam.
2.Vryf die margarien liggies in en giet die water by die mengsel.
3.Knie die deeg sowat 5 minute tot sag en elasties.
4.Rol die deeg 15 mm dik uit en sny in repe van 5 cm breed.
5.Draai die repe met die kante effens oormekaar om sosatiestokke.
6.Rooster op die kole en eet warm van die stokke af saam met ’n klontjie botter en stroop.