Monday 22 September 2014

Bier-braaibroodjies




Bier-braaibroodjies
Lewer 4-6 braaibroodjies
 Bereidingstyd: 15 minute
 Gaarmaaktyd:
 Brood: 40-45 minute
 Braaibroodjies: 10-15 minute
BIERBROOD
 500 g bruismeel
 5 ml (1 t) sout
 1 blik (340 ml) bier
 1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
’n bietjie sout
VULSEL
 200 g gerasperde mozzarellakaas
 2 eiergele
 60 ml (¼ k) elk gekapte grasuie, basilie en pietersielie
 60 ml (¼ k) sondroëtamatiepesto
 sout en peper
 olie vir smeer
•Voorverhit die oond tot 180 °C.
•Spuit ’n broodpannetjie met kossproei.
1.Bierbrood Meng alles en druk in die broodpan. Bak 40-45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer op ’n
2.draadrak uit en laat heeltemal afkoel. Sny versigtig in skywe.
3.Vulsel Meng alles behalwe die pesto en geur met die sout en peper.
4.Smeer die broodskywe met die pesto, verdeel die vulsel tussen die helfte van die broodjiesnye en maak toebroodjies met die orige snye.
5.Smeer met die olie en braai op ’n rooster oor matige kole tot die kaas gesmelt en die broodjies goudbruin is. Sit dadelik voor.