SKILFERKORS-HORINKIES MET ROMERIGE VLA
GENOEG VIR 20
GENOEG VIR 20
1 x 400 g pak skilferkorsdeeg
1 groot eier, liggies geklits
60 ml strooisuiker
30 ml vlapoeier
250 ml melk
300 ml vars room
bessies, kersies of enige ander vars vrugte van jou keuse, om op te dien
versiersuiker, om op te dien
Verhit die oond tot 180°C en bespuit 20 metaalkeëlvormpies aan die buitekant met kossproei. Rol die deeg oop en sny in stroke van ongeveer 1,5 cm breed. Begin by die punt van die horinkie en draai ’n deegstrook in die rondte daarom. Maar seker dat die deegwindings effens oorvleuel. Bestryk die keëls met die eier en sprinkel die helfte van die strooisuiker oor. Plaas die keëls op die breë kante op ’n gesmeerde bakplaat en bak tot goudbruin, ongeveer 15 20 minute. Haal uit en laat staan om heeltemal af te koel. Haal die metaalvormpies versigtig uit die gebakte horinkies. Meng die vlapoeier, oorblywende strooisuiker en melk in ’n klein kastrolletjie. Roer met ’n houtlepel oor lae hitte tot die mengsel begin verdik, ongeveer 2 minute. Laat effens afkoel, bedek en verkoel in die yskas vir 30 minute. Klits met ’n elektriese klitser tot glad. Voeg die room by en hou aan klits tot sagte punte vorm. Spuit die vla in die horinkies, rangskik die vrugte rondom en besprinkel met versiersuiker.