Mediterreense vleisbroodjie
Genoeg vir 6-8
1 Voorverhit die oond tot 180 °C.
2 Meng 100 g gekrummelde feta, ...
100 g ontpitte olywe,
1 geklitste eier en ’n hand vol orego-blaartjies deur 500 g (1 sakkie) ontvriesde, basiese maalvleismengsel.
3 Geur na smaak met ’n knypie sout en gemaalde swartpeper.
4 Skep die vleismengsel in ’n 650 ml-broodpannetjie wat met 250 g (1 pakkie) spekrepies uitgevoer is.
5 Vou die repies wat oorhang bo-oor. Bak vir 40-45 min. tot deurgaar. Keer op ’n bakplaat uit en bak vir nog 15-18 min. tot goudbruin. Sit voor met oondgeroosterde babatamaties en baba-kruieblare.

Tamaties
Geur 250 g kersietamaties aan takkies met sout en rooster by 180 °C tot dit begin oopbars. Hou eenkant.