Wednesday, 10 September 2014

Pynappel-en-klapperplaatkoekies :





Pynappel-en-klapperplaatkoekies :
Huiskok - Errieda du Toit

Hier word ’n blikkie fyn pynappel, klapper en goue stroop (wat gewoonlik op die spensrak is) die hoekstene vir ’n heerlike bederf aan die ontbyttafel, Pak ’n stapeltjie van vier plaatkoekies op elkeen se bord.

2 groot eiers, geklits...
150 ml melk
’n knippie sout
140 ml (75 g) koekmeel
125 ml klapper

1 blikkie (200 g) fyn pynappel
goue stroop vir bediening
1. Klits die eiers, melk en sout saam en klits meel by totdat dit klontvry is. Voeg die klapper en pynappel by die beslag.
2. Verhit ’n pannetjie en smeer liggies met olie. Bak plaatkoekies tot goudbruin en gaar.
Om te bedien stapel vier plaatkoekies op ’n bord per persoon, bedruip ruimhartig met goue stroop en bedien met ’n skeppie crème fraîche.