Monday 22 September 2014

Jakkie se Cherry Beskuit




Jakkie se Cherry Beskuit
Jakkie geniet dit om dié resep vir sy twee dogtertjies, Lienke (3) en Kara (1 maand) te maak. Die rooi kersies maak dit ‘n lus vir die oog!
Jy het nodig:
1 boksie karringmelk (500ml)
1kg bruismeel
½ blok botter/margarien
5ml sout
250 ml geel suiker
Klein bakkie rooi kersies
Koppie sultanas
1 eier
‘n halwe koppie olie
‘n handvol sonneblom saad
Maak dit so:
Meng eers die droë bestanddele saam. Smelt dan die botter en vryf dit met jou vingers saam met die droë bestanddele in.
Klits die eier en die olie saam. Voeg dan alles saam!
Druk dit styf in ‘n plat pan en bak dit vir 45 min teen 180°C. Sny dit in langwerpige stukke sodra dit koel genoeg is. Los dit oornag in die oond op 100°C totdat dit heeltemal uitgedroog is.