Wednesday, 10 September 2014
Dieet'Brownies
Dieet'Brownies
Omdat die appelmoes soet is, is minder suiker nodig.
Maak 18 stukkies (1 blokkie = 1 porsie).
Bereiding: 20 minute.
•Gaarmaaktyd: 30-40 minute
•180 ml (3/4 k) bruismeel
•180 ml (3/4 k) kakao
•5 ml (1 t) koeksoda
•125 ml (1/2 k) gemaalde amandels
•80 ml (1/3 k) hawersemels (Oat Bran)
•2 eiers
•250 ml (1 k) strooisuiker
•10 ml (2 t) vanieljegeursel
•200 ml natuurlike jogurt
•250 g appelmoes
•30 ml (2 e) olie
•50 g pekanneute, grof gekap
•versiersuiker vir oorsprinkel
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n pan van 25 x 20 cm en bestuif met meel.
1.Sif die droe bestanddele saam. Voeg die amandels en hawersemels by en meng.
2.Klits die eiers en strooisuiker saam tot lig. Meng die vanieljegeursel, jogurt, appelmoes en olie by.
3.Vou die neute in en skep in die voorbereide pan.
4.Bak 30-40 minute of tot ’n toetspen byna skoon, maar steeds effens klam uitkom. Die bruintjies sal in die middel ’n bietjie sink. Laat 5 minute staan.
5.Sny in groot blokke en besprinkel met versiersuiker.