Thursday 14 August 2014

Kosse vir die vrieskas




Hierdie geregte kan voor die tyd gemaak word en gevries word:

BOBOTIE:
2 Dik snye BRUIN brood
275 ml melk
2 uie fyngekap
3 huisies garlic gekap
30ml kerrie
15ml appelkooskonfyt
30ml chutney
25ml bruin asyn
5ml suurlemoensap
15ml wostersous
15ml borrie
1 kg maalvleis
100ml ontpitte rosyne
100ml amandels / of peanuts
10ml sout
3 eiers
125ml ongegeurde joghurt
8 klein suurlemoenblare opgerol soos sigarette
3/4 lourierblare
Breek brood in stukkies en week in die melk
Braai uie en knoffel tot sag voeg by kerrie en appelkooskonfyt. Voeg chutney, asyn suurlemoensap wostersous en 10ml BORRIE by en meng goed.
Druk melk uit brood en voeg by – hou melk eenkant
Voeg maalvleis, rosyne neute sout en peper by en braai tot vleis die pienk kleur verloor
Verwyder van stoof en klits slegs 1 eier by.
Gooi in platbak en steek opgerolde suurlemoenblare in mengsel
Meng die melk, joghurt orige borrie en eiers en gooi stadig bo-oor die vleismengsel.
Gooi lourierblare oor en bak vir 1 uur by 180 grade tot gaar


LASAGNE
1 ½  kg maalvleis
2 uie gekap
125 gram spek, gesnipper
Braai bruin in 15 ml margarien of olie
Voeg by:
10 ml Origanum
10 ml knoffelvlokkies
1 vol teelepel sout
1 Blik tamatiepuree
250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos.
Kook alles saam tot lekker dik en souserig. As die sous vir jou te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis. Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie. Jou vleis kan dan meer souserig wees want die velle sal vog absorbeer.
Kaassous:
100 gram margarien
100 ml meel
sout na smaak
850 ml melk
Voeg 1 ½ koppie gerasperde kaas by.
(Tannie Ina se kaassous werk ook baie lekker)
Die hoeveelheid is genoeg vir n oondpan. gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste.
Pak nou n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor. Herhaal nog n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor. Bak 30 minute by 180 C tot regdeur warm.

HOENDER LASAGNE
Bestandele:
 12 velle lasagne
 1 eetlepel olie
 1 Ui in skywe gesny
 100 g Sampioene, in skywe gesny
 2 teelepel gemaalde gemmer
 1 teelepel nutmeg
 3 bay leaves
 Sout en peper na smaak
 3 gaar hoender porsies, (ontbeen en vel, en in stukkies gesny) - koop sommer 'n gaar hoender
 1 eetlepel mazina
 450 ml melk
 150 ml Griekse Jogurt
 100 g gerasperde Cheddar
1. Kook die lasagne in sout water tot sag. (‘n Bietjie olie in die water sal keer dat die velle aan mekaar vasplak).
 2. Maak die olie warm in ‘n pan, en braai die uie tot sag.
 3. Gooi die sampioene by, en braai vir ‘n verdere 3 minute.
 4. Gooi die speserye, bay leaves, sout en peper by, en roer deur. Voeg dan die hoender by.
 5. Meng die mazina en melk goed, en gooi dan by die hoender in die pan. Bly roer totdat die sous dik word.
 6. Haal die lasagne uit die water, en plaas dit oop op kombuisrol om al die extra water te verwyder.
 7. Plaas dan die lasagne velle en hoender mengsel in lae in ‘n oondvaste bak (ek hou daarvan om met ‘n laag lasagne te begin en eindig).
 8. Meng die Jogurt en kaas, en smeer bo-oor die laaste laag.
 9. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200C vir 30 minute, of totdat die kaasmengsel bo-op mooi bruin gebraai is.

Tunalasagne
Lewer 4 – 6 porsies
15 ml (1 eetl) olyf- of kookolie
125 g streepspekvleis, grofgesny
1 medium ui grofgekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
125 g knopiesampioene, in skywe gesny
410 g-blik gekapte tamaties
15 ml (1 eetl) suiker
15 ml (1 eetl) gekapte vars gemengde kruie of 5 ml (1 t) droë sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 x 170 g-blikke soliede tuna, gedreineer en gevlok
45 ml (3 eetl) botter of margarien
45 ml (3 eetl) koekmeelblom
500 ml (2 k) melk
125 g lasagnevelle
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
1. Verhit olie in ’n swaarboomkastrol. Braai spekvleis vir ’n paar minute. Voeg ui en knoffel by en soteer tot sag. Voeg sampioene by en braai liggies.
2. Voeg tamaties, suiker, kruie en geurmiddels by. Bring tot kookpunt en prut dan vir ongeveer 5 minute. Voeg tuna by en laat eenkant.
3. Smelt botter in ’n swaarboomkastrol. Voeg meel by en roer oor lae hitte vir ’n paar minute. Voeg melk by en roer voortdurend totdat dit begin verdik. Verwyder van hitte, voeg die kaas by en roer deur tot gesmelt. Laat eenkant.
4. Skep ’n bietjie van die tunamengsel in ’n medium oondvastebak om net die bodem te bedek. Plaas helfte van die lasagnevelle oor. Skep helfte van die tunamengsel oor die velle, gevolg deur die oorblywende pastavelle en dan die oorblywende tunamengsel. Giet die kaassous bo-oor en sprinkel met nog meer kaas indien verkies.
5. Bak vir omtrent 40 minute in ’n voorverhitte oond teen 180°C. Sprinkel ekstra gekapte kruie bo-oor.

Frikkadelle
1 kg maalvleis,
1 gr ui gekap,
1 k hawermout,
1 blik(410g) spagetti in tamatiesous,
2 pk verskillende soppoeiers (bv. groentesop en bruinuiesop),
1 dik sny witbrood in water geweek en droog gedruk,
15ml kerriepoeier, sout en varsgemaalde peper.
Verhit oond tot 180°C en spuit oondpan. Meng al die bestanddele en vorm frikkadelle.
Rangskik in oondpan en bak bedek ± 40 min en maak oop en bak nog tot bruin bo-op.
NB: Dit kan ook ongebak in houers gepak en gevries word tot nodig.
Haal vooraf uit, ontdooi en bak tot gaar.
± 30 frikkadelle NS: soppoeiers kan verander word om dan smaak te verander.

SLAP PASTEI DEEG:
125 ml olie
125ml melk
200 ml bruismeel (of 200ml koekmeel en 2tl bakpoeier)
1 eier (geklits in bietjie water)
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 20min tot gaar en goudbruin

Maak jou pasteivulsel aan, gooi in bak en gooi hierdie deegie bo-oor.  Baie lekker en vries baie lekker

SPAANSE HOENDER PAELLA
1 hoender gekook en ontbeen
4 groot tamaties in blokkies gesny
1 pak sampioenroomsop
250g skulpie noedels
2 Groot uie gekerf
250g spek opgesny
500ml hoenderaftreksel
10ml borrie
1 blik ertjies
Braai gekerfde ui, voeg dan gesnye spek en tamaties by en laat stowe/ Voeg hoender by. Meng hoenderaftreksel met sop en geur met borrie. Voeg by vleismengsel. Kook noedels sag in sout water en voeg saam met ertjies by vleis. Laat prut vir 10min. Bedien met groenslaai. Hierdie gereg vries fantasties.
VARIASIE: Gebruik rys in die plek van die pasta


Spaghetti Bolognaise Gebak
Jy kan die nierboontjies vervang met "baked beans" of enige ander geblikte groente as jy lus voel.
500 g maalvleis
1 ui, gekap
5 ml sout
5 ml chilli poeier, opsioneel
1 x 410g-blik nierbone
300 g rou spaghetti
750 ml tamatiesap
knippie peper
15 ml Worcestershiresous
250 ml kaas
Braai die maalvleis in bietjie olie tot bruin, voeg die uie, sout, peper en chilli poeier by en kook tot die ui gaar is. Plaas nou die maalvleis in 'n gesmeerde oondvaste bak. Skep die boontjies bo-oor. Breek die spaghetti in kleiner stukkies en gooi bo-oor. Meng die tamatiesap en Worchesterhire sous saam en gooi die oor die spaghetti. Bak vir 1 uur teen 180 grade. Sprinkel die kaas bo-oor en plaas terug in die oond tot die kaas gesmelt is..

Macaroni-en-kaas
 MACARONI
 2 L water
 2 t (10 ml) sout
 5 t (25 ml) olie
 ½ pak (250 g) macaroni
WITSOUS
 ¼ k (60 ml) botter
 ¼ k (60 ml) koekmeel
 2¼ k (560 ml) warm melk (sien wenk)
 200 g beleë cheddarkaas, gerasper
 1 ruim t (6 ml) sout
 1 t (5 ml) peper
 2 t (10 ml) klaar mosterd (sien wenk)
 ½ k (125 ml) droë broodkrummels
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak met botter.
Verhit die water, sout en olie in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
Voeg die macaroni by en kook 15 – 20 minute tot gaar, maar nog effens ferm wanneer daaraan gebyt word.
Dit moenie pap gekook word nie.
Dreineer die water met ’n vergiettes of sif en hou die macaroni eenkant.
Die witsous kan gemaak word terwyl die pasta kook.
Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte op die stoof, voeg die koekmeel by en roer tot glad.
Roer die botter-enmeelmengsel nog 2 minute oor lae hitte.
Roer die warm melk geleidelik by terwyl gedurig geroer word.
Laat die mengsel 3 minute prut (dit moet skaars borrel) of tot die sous dik is.
Roer net af en toe.
Verwyder die sous van die stoof.
Voeg die helfte van die kaas, sout en peper en mosterd (indien gebruik) by en roer tot die kaas gesmelt is.
Skep die gaar macaroni in die voorbereide oondvaste bak en giet die witsous oor.
Sprinkel die res van die cheddarkaas oor en daarna die broodkrummels.
Bak die macaroni-en-kaas sowat 25 – 30 minute tot goudbruin bo-op.
Sit saam met ’n groenslaai voor.
Genoeg vir 6 – 8 mense.