Tuesday 12 August 2014

Kaneelrolletjies




Kaneelrolletjies
■  625 ml koekmeelblom
■  1 pakkie kitsgis
■  2 ml sout
■  90 ml strooisuiker
■  125 ml sagte botter
■  1 ekstragroot eier
■  Ongeveer 125 ml melk
■  125 ml kaneelsuiker
Meng die meel, gis, sout en suiker saam in ’n voedselverwerker. Voeg 45 ml botter by en pols tot ingevryf. Klits eier en melk saam en voeg by die meel. Pols tot deeg vorm. Keer uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie vir ongeveer 10 minute tot glad en elasties. Sit in ’n gesmeerde bak, bedek liggies met ’n klam teedoek of plastiek en laat rys op ’n warm plek tot dubbel in volume. Smeer ’n klein broodpannetjie met botter en voer uit met bakpapier. Rol die deeg in ’n reghoek uit (sowat 1 cm dik) op ’n meelbestrooide oppervlak. Smeer die oppervlak van die deeg met die orige botter en sprinkel kaneelsuiker bo-oor. Rol die deeg in die lengte op en sny in 5 cm-skywe. Rangskik losweg, met die gesnyde kante na bo en onder, in die broodpan. Laat rys weer tot die rolletjies goed uitgerys en die pan gevul is. Voorverhit intussen die oond tot 190 ˚C en bak die rolletjies vir sowat 20 minute tot goudbruin en gaar. Sit louwarm voor. Lewer ongeveer 8 rolletjies.