Tuesday 12 August 2014

Eiervrye Piesangmuffins





Eiervrye Piesangmuffins
Lewer 10 standaard-muffins
500 ml (2 k) koekmeelblom15 ml (1 e) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
2 ml (½ t) fyn kaneel
60 ml (¼ k) veselryke semels, opsioneel
125 ml (½ k) suiker
100 g botter of margarien, gesmelt
15 ml (1 e) witasyn
30 ml (2 e) water
200 ml (¾ k) melk
150 g (omtrent 2 piesangs), grofgekap
15 ml (1 e) kaneelsuiker

1. Sif die meel, bakpoeier, sout en kaneel saam. Voeg die semels en suiker by en meng goed.
2. Kombineer die gesmelte botter, asyn en water. Voeg om die beurt die melk by die droë bestanddele. Meng liggies.
3. Voeg die piesang by en meng liggies totdat dit net gekombineer is. Moenie die mengsel oormeng nie; dit moet nog klonterig bly.
4. Skep die mengsel in gesmeerde muffinpanne, vul elk twee-derdes vol. Sprinkel kaneelsuiker oor. Bak vir 20 – 25 minute in ’n voorverhitte oond teen 180?°C, of tot goudbruin.
5. Keer uit op afkoelrakke en sit warm voor met botter.
Variasie
Vervang die piesang met enige ander vrugte soos aarbeie of appels.