Thursday 14 August 2014

AARTAPPEL SUURDEEG PLANTJIE (2 resepte)





Eve Porteous

GERASPERDE AARTAPPEL SUURDEEG PLANTJIE: 2 medium aartappels geskil en gerasper. 25ml suiker ; 500ml kookwater; 10 ml sout ; 3ml droe gis. 125ml louwarm water. fles met deksel. SO MAAK MENS: gooi kookwater oor aartappels en laat afkoel. Week gis in 125ml lou water. Meng suiker, sout en gis met lou aartappel menges gooi in fles en skroef toe. (nie te styf nie) Maak warm toe en laat 6 to 8 uur lank op warm plek staan. Die suurdeeg sal skuimerig word en die fles vul, of dalkies uitloop as die gis baie aktief is. Hou 25ml gis in die fles oor vir die plantjie. Syg die res deur draadsif, knie volgens insuur of direkte deeg metode. Die plantjie sal 8 to 10 dae lank op 'n koel plek goed hou. As dit aangemaak word, word daar nie weer gis bygevoeg nie net die res van bg. bestanddele


Eve Porteous

Aartappelsuurdeeg plantjie." 2 koppies lou water, 1 groot ongeskilde aartappel in 8 blokkies gesny; 3 teelepels suiker ; 1 koppie meel ; 1/2 halwe teelepel sout.; Metode: plaas aartappel,suiker en sout in die lou water. strooi koppie meel liggies oor. roer dit net 2 keer. sit dit in houer wat 2 keer die volume van die beslag kan neem. bedek dit met doekie en sit dit dan in plasieksakkie en vou die houer toe in 'n kombers. laat dit oornag staan. Die volg. dag kan jy 'n halwe koppie uitskep om brood mee te bak. die res word dan in glas houer gesit en in die yskas gehou. dit kan so 3 weke lank gehou word. Die plantjie kan gebruik word vir enige suurdeeg beslag. As die vloeistof klaar is gooi net weer helfte van water, suiker, sout en meel by. (Resep van RSG)