Wednesday 30 July 2014

Wild – en varkvleis pastei



Wild – en varkvleis pastei
Deeg
1 ½ k meel
½ t sout ...
knippie saffraan
4 e botter
2 eiergele
koue water, ongeveer 95 ml

Pastei Vulsel
500g vark, in blokkies gesny
500g wildsvleis, in blokkies gesny
2 e kookolie
sout en peper, na smaak
2 L hoenderaftreksel
½ t heel naeltjies
½ t neutmuskaat
knippie kaneel
knippie saffraan (optioneel)
¼ k dadels, gehalveer
¼ k droe pruime, gekap
2 e korente
3 hardgekookte eiers, gesny
1 eier, liggies geklits (to paint the top of the pie)
Deeg:
Meng die meel, sout en saffraan saam in ‘n groot bak. Sny of vryf die botter en eiergele in die meelmengsel totdat dit fyn krummels maak. Voeg die water bietjie vir bietjie by totdat die deeg aanmekaar vasklou – te veel water sal die deeg te sag en taai maak. Bedek die deeg met ‘n doek en laat rus vir 30 minute. Rol dan uit op ‘n goedgesmeelde oppervlak en gebruik om jou pasteibak mee uit te voer. (Onthou om genoeg eenkant te hou vir jou ‘deksel’). Plaas in die yskas tot benodig.
Pastei:
Verbruin die vark en wildsvleis in die warm olie. Geur na smaak. Voeg die aftreksel by en prut tot sag (ongeveer 1-2 ure). Verwyder die vleis. Roer die res van die bestandele by die vleis en skep in die voorbereide pasteibak*. Bedek met die pastei ‘deksel’. Prik ‘n paar gaatjies vir die stoom om te ontsnap en verf met die eier. Bak by 180 C tot goudbruin. Bedien warm.
*Indien jy hou van ‘n meer ‘sousige’ pastei, verdik ‘n bietjie van jou aftreksel met mielieblom en gooi oor die vleis. Oppas net dat jy nie te veel gebruik nie, want dit sal jou deeg pap maak.