Tuesday, 1 July 2014

VIS MET ’N SPESERY-BOLAAG




VIS MET ’N SPESERY-BOLAAG
4 dik stokvisfilette, ongeveer 100 g elk...
10 ml (2 t) seesout
1 ui, grofweg gekap
5 ml (1 t) gekapte
vars knoffel
5 ml (1 t) gerasperde
vars gemmer
30 ml (2 e) Griekse jogurt

30 ml (2 e) kerriepasta
15 ml (1 e) blatjang
125 ml (½ koppie) vars broodkrummels
30 ml (2 e) gekapte
vars koljander
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 Verhit die oond tot 180?°C.
Voer ’n bakplaat met foelie en smeer dit liggies met botter.
2 Strooi ’n bietjie seesout oor die visfilette en hou eenkant.
3 Kap die ui, knoffel en gemmer in ’n voedselverwerker fyn. Voeg die jogurt, kerriepasta en blatjang by en pols tot ’n dik pasta. Voeg die broodkrummels, koljander, sout
en peper by en meng goed.
4 Pak die visfilette op die bakplaat en smeer die pasta eweredig daaroor. Bak vir 12-15 minute
of tot die vis deurgaar is.
5 Sit dit voor met geroosterde groente of ’n slaai.