Wednesday 30 July 2014

Vis-en-soetpatatpastei




Vis-en-soetpatatpastei
Vir 4-6
Voorbereityd 15 minute
Gaarmaaktyd 30 minute
...
Jy benodig:
3-4 groot soetpatats, gewas
sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
1 eetlepel heuning
125 g botter
½ teelepel gerookte paprika (of 1 teelepel gewone paprika)
sout na smaak
gemaalde swartpeper na smaak
1 koppie preie, gekap (of gebruik 1 gekapte ui)
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 vinkelbol, fyngekap (of ’n appel)
3 eetlepels koekmeel
1 glas witwyn
1 koppie room (of melk)
500 g witvis (soos geelstert, snoek of stokvis), in blokkies van 2 cm gesny
¾ koppie bevore ertjies
2 eetlepels pietersielie, gekap
1 eetlepel tiemie, gekap
2 blikkies gerookte mossels
So maak jy:
Bak of kook die patats tot sag. Druk dit rofweg fyn (met skil en al) en meng dit met die helfte van die suurlemoensap en -skil, heuning, 4 eetlepels botter en paprika. Geur dit na smaak met sout en peper en sit dit eenkant.
Braai die preie, knoffel en vinkel sag in die res van die botter. Strooi die meel oor en roer dit deur. Gooi die wyn en room by en roer dit voortdurend sodat dit ’n gladde mengsel maak sonder klonte.
Voeg die vis en die res van die bestanddele by en laat dit oor ’n lae hitte prut vir 5 minute. Geur die mengsel met sout en peper.
Skep dit uit in oondvaste bak of ’n swartpot en skep die patat bo-op die vismengsel. Bak dit vir 30 minute in ’n oond van 180 °C, of in ’n swartpot met kole op die deksel totdat die pastei deurwarm is.
Wenk:
Vir ’n luukser pastei kan jy garnale by die mengsel voeg en die bolaag vervang met kapokaartappels wat met mosterd gegeur is.