Tuesday 8 July 2014

Pret met T-hemde




Pret met T-hemde
Versier ou T-hemde met tekenprente en verf. Dra dit wanneer dit droog is.

Lapverf
• Jy benodig ongebleikte linne, lapverf, kwaste, potlood, uitveër, houer vir verf, lepels, koerante en houers vir water.
• Sorg dat die materiaal gestryk en skoon is.
• Gebruik ’n potlood om die patroon wat jy wil verf liggies op die materiaal te teken. Vir kleiner kinders kan prente uit inkleurboeke of vanaf die Internet gebruik word. Jy kan die materiaal met maskeerband vasplak sodat dit nie skuif nie.
• Verf met die lapverf die patroon op die materiaal. Moenie te veel verf gebruik nie. Sorg dat daar genoeg koerantpapier onder die materiaal is. Indien T-hemde geverf word, plaas dik koerante binne in die hemp sodat die verf nie deurslaan na ’n ander deel waarop jy nie die verf wil hê nie.
• Maak seker jou kwas is skoon voordat jy dit in die ander kleur verf indruk. Die verf is permanent. Beplan dus goed.
• Onthou om die item, sodra dit goed droog is, aan die agterkant met ’n baie warm strykyster te stryk of plaas dit in die tuimeldroeër om dit kleurvas te maak.