Wednesday 9 July 2014

Lui-huisvrou klapperys




Lui-huisvrou klapperys
Neem ‘n mengbak, en gooi 500g versiersuiker,
 400g klapper, 5ml vanilla geursel en ‘n blik kondensmelk daar in.
 Meng goed deur met ‘n houtlepel, die mengsels sal
 lekker styf wees.
 Verdeel in twee, druk die een gedeelte in ‘n gesmeerde houer
 (‘n glas oondbak werk altyd lekker) en voeg ‘n paar klein druppels
 voedselkleursel by die ander mengsel.
 Meng deur, en druk die gekleurde gedeelte bo-op die wit vas,
 sny in blokke, en bedien