Friday 11 July 2014

Kook ’n jellie-marmelade




Kook ’n jellie-marmelade
Maak: 3-4 flesse
Bereidingstyd: 1 uur, plus staantyd
Gaarmaaktyd: 1 uur 45 minute
...
• 6 vars suurlemoene wat nog nie heeltemal ryp is nie
• 4 vars lemoene
• suiker
Let wel
Gebruik suurlemoene wat jy vars gepluk het en nog nie heeltemal ryp is nie. Suurlemoene wat nie vars is nie en in ’n koelkamer was of oorryp is, sal nie genoeg pektien bevat nie.
1 Skil een lemoen en probeer so min as moontlik van die wit vlies afsny. Sny die skil in dun repies. Of sny die skil met die gleufmes van ’n sitrusskiller af. Draai die repies in ’n klein bondeltjie in ’n stukkie moeselien of kaasdoek toe.