Friday 18 July 2014

Gevulde maalvleis-aartappels




Gevulde maalvleis-aartappels (Huisgenoot)

MAALVLEIS
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap...
1 knoffelhuisie, gekap
500 g maer beesmaalvleis
1 pakkie (50 g) tamatiepasta
15-30 ml (1-2 e) suiker
500 ml (2 k) gemengde groente (ertjie-pitmielie-en-wortelmengsel)
sout en vars gemaalde peper

VIR VOORSIt
4 groot aartappels in die skil, sag gekook
hand vol vars basilie

1. MAALVLEIS Braai die ui en knoffel in verhitte olie tot geurig. Voeg die maalvleis by en braai ’n paar minute.
2. Roer die tamatiepasta en suiker by en roerbraai effens. Meng die groente deur en roerbraai tot gaar. Geur met sout en vars gemaalde peper.

3. VIR VOORSIT Hol die aartappels effens aan die bokant uit en vul met die maalvleis. Besprinkel met basilieblare en sit voor.