Friday 18 July 2014

Gebakte aartappelkoekies met tuna




Gebakte aartappelkoekies met tuna (Huisgenoot)
AARTAPPELKOEKIES
12 baba-aartappeltjies, sag gekook in die skil
2-4 songedroogde tamaties, fyn gekap...
1 eier en bietjie meel (om te laat bind)
sout na smaak
olie om pan te smeer

TUNAMENGSEL
400 g tuna, gedreineer
4-6 swartolywe, gekap
1 gekapte agurkie
2 stingeluie, gekap
30 ml (2 e) gekapte pietersielie
45 ml (3 e) laevet-mayonnaise
• Voorverhit die oond tot 190 °C.
• Smeer ’n bakplaat.
1. KOEKIES Maak die aartappels fyn, maar steeds effe grof. Voeg die res van die bestanddele by, maar net genoeg meel om te bind. Meng goed.
2. Smeer ’n pan met olie en verhit. Verdeel die aartappelmengsel in 8 skeppe en seël vinnig alkant. Bak
3. 5-10 minute of tot stewig in die oond.
4. TUNAMENGSEL Meng die bestanddele saam en sit voor saam met die aartappelkoekies.