Monday 14 July 2014

Eisbein




Eisbein
Een van daardie tradisionele Duitse geregte! Die onderste gedeelte van die vark se been, sonder die kloutjie. Kan seker sê vark skenkels. Gepekel. Soms gerook en soms net so gekook, met sout peper, knoffel en karwysaad
...
Heerlik sag, nie té veel gekook nie. Te veel gekook en dit is geneig om uitmekaar te val. Ligte bruin kleur. Natuurlik daarmee saam ook nog tradisionele sauerkraut en kapok aartappels.
Bestanddele
1 Eisbein
kookolie
heuning
Worcestersous

Metode
Maak dun snytjies in die vel van die Eisebin reg rondom. Dit maak die sooltjie (crackling) makliker om te eet wanneer dit gaar is.
Sit dit in 'n oondbak met deksel met 'n bietjie olie onder in.
Bak teen 180 grade vir 3½ tot 4 uur. Dit moet baie sag wees en uitmekaar val.
Meng die heuning en Worcestersous in die volgende verhouding - twee derdes heuning en een derde Worcestersous.
Gooi dit oor die Eisbein en bak teen 250 grade sonder deksel tot krakerig. Hou dit dop dat dit nie brand nie.
Bedien met aartappelwiggies, soetrissiesous, mosterd, suurkool en 'n tamatie- en uieslaai.
Wenke vir 'n goeie Eisbein:
Die vel moet stewig wees.
Dit moet 'n rooi kleur hê.
Dun been, baie vleis.
Die lagie vet moet 'n halwe sentimeter dik wees.