Friday 25 July 2014

BRAAI VLEIS PYNAPPEL



BRAAI VLEIS PYNAPPEL
BESTANDDELE
2 pynappels
75ml botter of margarine
5ml kaneel
125ml bruin suiker
125ml soet wit wyn
Metode:
Skil die pynappels af en sny in stukke. Rol die stukke in die suiker en deel in 4 porsies op. Plaas elke porsies op aluminium foelie (blink kant binne), en sprinkle bietjie botter op. Gooi die wyn en kaneel oor. Maak mooi toe en braai vir omtrent 10-15min oor medium hitte kole
WENK
Vir 'n variasie op bogenoemde resep vervang die kaneel met 1/4 koppie heunings . Vervang die wyn met 'n 3/4 koppie donker rum (daai van die rooi harte soort ). Smelt 'n klont botter in 'n pan en voeg heuning, rum,en suiker in en smelt saam. Bedruip die pynapple stukke plaas in foelie en gooi op die kole vir so 10 minute. Dit is nou werklik 'n Wes Indiese eilande smaak sensasie . Werk ook goed oor soet mielies.