Monday 2 June 2014

Vulsels vir toebroodjies




Vleisvulsels
***************
BOELIEBIEFSMEER
***************
'n Vleisvulsel wat 'n paar dae in die yskas gehou kan word. Smeer
brood met blatjang voordat die vulsel opgesit word.

1 x 300g blik boeliebief, fyngedruk
100g komkommer, fyngekap

30ml gekapte grasuie
50ml mayonnaise
5ml suurlemoensap

Meng al die bestanddele goed saam. Plaas in 'n verseëlde houer in
die yskas.

***************
KERRIEHOENDERVULSEL
***************
Gebruik dié vulsel saam met blaarslaai.

250ml gevlokte koue, gaar hoender
15ml mayonnaise
1ml matige kerriepoeier
5ml blatjang
'n paar druppels Tabasco-sous

Meng al die bestanddele goed saam. Plaas in 'n bedekte houer in die
yskas.
Wenk: Gebruik oorskiet gaar hoender of koop hoender wat reeds
gaargemaak is, óf maak 'n paar stukkies hoender gaar, vries en
ontdooi soos verlang.

Vinnige vleisvulsels:

Skyfies koue bees-, lams-, vark- of hoendervleis gemarineer in
Franse slaaisous, saam met slaaibestanddele.
Koue bobotie saam met blatjang en piesangskyfies.
Gerasperde biltong, aangeklam met 'n bietjie aangemaakte mosterd.
Gekapte Weense worsies, gemeng met aangemaakte mosterd en
mayonnaise.
Fyngekapte ham, gemeng met gekapte, ingemaakte pynappel en
mayonnaise.
Lewerpatee, tamatieskyfies en blaar slaai.
Gevlokte (of skyfies) oorskiethoender of -kalkoen, komkommerskyfies
en toebroodjiesmeer. (Gekrummelde bloukaas kan by toebroodjiesmeer
gevoeg word.)
Dun skyfies Frankfurters of gaar boerewors saam met mosterd (sous
of aangemaakte mosterd).
Soutbeesvleis en agurkies, aangeklam met mayonnaise. Geur met
blatjang en gekapte grasui.

Eiervulsels
***************
EIERVULSEL MET SONNE BLOMSAAD EN HAM
***************

1 hardgekookte eier, gekap
7ml mayonnaise
1ml mosterdpoeier
1 knoffelhuisie, gekneus
10ml sonneblomsaad, gerooster (opsioneel)
1 hamskyf, in blokkies gesny

Meng al die bestanddele.
Wenk: Die vulsel kan die vorige aand gemaak word en in die yskas
gebêre word.

Vinnige eiervulsels

Roereier, gemeng met 'n bietjie mayonnaise en 'n bietjie
tamatiesous, of roereier en tamatieskyfies.
Fyngekapte hardgekookte eier, gemeng met brosgebraaide spekvleis en
aangeklam met 'n bietjie slaaisous of mayonnaise.
Fyngemaakte hardgekookte eier, gemeng met aangemaakte mosterd.
Hardgekookte eierskyfies, komkommerskyfies en toebroodjiesmeer.
Wenk: 'n Hardgekookte eier bly langer goed as dit nie afgedop word
nie.
Hardgekookte eiers kan vir 'n paar dae in die yskas gebêre word.

Kaasvulsels
***************
VULSEL MET KAAS EN SPEKVLEIS
***************

200g cheddarkaas, gerasper (500ml)
4repe swoerdlose spekvleis, gesnipper en brosgebraai
1ml aangemaakte mosterd
20ml blatjang

Meng al die bestanddele. Bêre in 'n ver seëlde houer in die yskas of
vries.

***************
VULSEL MET MAASKAAS EN BEESVLEIS
***************

Gebruik met 'n skyfie koue, gaar beesvleis op brood

125g gladde maaskaas (� houertjie)
15ml blatjang
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
'n paar druppels Tabasco-sous
1 agurkie, gekap
4 skyfies gaar beesvleis

Meng al die bestanddele, behalwe die vleis. Plaas saam met
blaarslaai op growwe brood.

Vinnige kaasvulsels

Maaskaas/roomkaas, gemeng met een van die volgende bestanddele:
heuning, tamatiesous, vissmeer, gekapte eier, gaar geurige
maalvleis, gekapte ui en piekels.
Maaskaas, gemeng met gerasperde kaas, gekapte radys en komkommer of
agurkies en mayonnasie.
Gerasperde kaas, gemeng met toebroodjiesmeer, saam met 'n
slaaiblaar.
Gekrummelde bloukaas, gemeng met toebroodjiesmeer.
Krummelmaaskaas (gegeur of ongegeur), gemeng met toebroodjiesmeer,
saam met 'n skyfie salami (veral op rogbrood).
Skyfies mozzarellakaas, salami en tamatie op rogbrood. Komkommer en
blaarslaai is ook lekker hiermee saam.

Visvulsels
***************
TUNAVULSEL
***************

1 x 185g-blikkie tuna, gedreineer en gevlok
� ui, gekap
30ml mayonnaise
15ml tamatiesous
15ml blatjang
4 argurkies, gekap

Meng al die bestanddele.
Plaas op 'n broodrolletjie met 'n blaarslaai.

Nog mengsels:
Suurlemoenbotter, vissmeer, gerasperde kaas en agurkies.
Fyngedrukte sardientjies, gemeng met rooipeper, hardgekookte eier
en suurlemoenbotter en/of mayonnaise.

Ander vulsels
***************
AVOKADO-EN-SPEKVLEISSMEER
***************

Met dié vulsel is dit onnodig om die brood te botter.
As dit gebêre word, moet kleefplastiek liggies oor die smeer
geplaas word.

125g swoerdlose spekvleis, gekap en brosgebraai
1ryp avokado, fyngedruk
10ml gerasperde ui
1/4 of 1/2knoffelhuisie, gekneus
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
10ml suurlemoensap
15-25ml mayonnaise
Meng al die bestanddele goed saam.

***************
TOEBROODJIESMEER
***************

Toebroodjiesmeer kan op sy eie gebruik word of om ander vulsels
veral dié met eier of kaas op te kikker.

1 Engelse kommommer, gerasper en gedreineer
1ui, fyngekap
3geelwortels, gerasper
1groot rooi soetrissie, ontpit en gekap
1groot groen soetrissie, ontpit en gekap
wit asyn om groente mee te bedek
ñ 500ml mayonnaise

Plaas groente in 'n glasbak, bedek met asyn en laat oornag staan.
Dreineer goed en meng met mayonnaise.
Skep in skoon flesse, maak toe en bêre in die yskas tot benodig.

Inpakkos