Marie se spinasiestingels - RSG
|
|
Bestanddele spinasiestingels, skoongemaak neutmuskaat sout peper suurlemoensap 1 koppie bruismeel 1 ml rooipeper 150ml koue water 12½ ml olie 2 eierwitte, styfgeklits olie vir braai
|
Metode Kook die stingels in soutwater tot gaar, maar nie pap nie. Dreineer goed. Gooi sout, peper, suurlemoensap en neutmuskaat oor. Meng die res van die droë bestandele en die water net voor jy begin kook. Roer die geklitste eierwitte in. Doop die stingels in die beslag en braai in olie tot goudbruin. Dreineer op handoekpapier. Sprinkel Aromat oor vir ekstra smaak. |