Thursday 26 June 2014

Vetkoekballetjies vir teetyd





Vetkoekballetjies vir teetyd
3 eiers (jumbo)
250-300 ml water (liewer minder as meer)
360 g (750 ml) koekmeelblom
20 ml bakpoeier
200 g (250 ml) suiker
5 ml fyn neutmuskaat
5 ml pypkaneel
15 g (15 ml) margarien
Olie om in te bak
Strooisuiker vir afronding
Metode
Klop die eiers en water goed saam. Sif bakpoeier en koekmeel saam, voeg suiker, neutmuskaat, pypkaneel en sout by en meng liggies maar deeglik met 'n vurk. Vryf die margarien deeglik met die vingerpunte in die meelmengsel. Voeg eiermengsel by en meng tot 'n deeg. Skep lepelsvol van die beslag in 'n matige warm, diep olie en braai goudbruin. Verwyder met 'n gaatjielepel wanneer gaar en dreineer op kombuispapier (servette). Rol in strooisuiker
(Foto geleen)