Tuesday 10 June 2014

Spnasie Quiche resep




Spnasie Quiche resep wat op Pasella was
Kors:
 240 g Koekmeel
 230 g Botter
 150 g Cheddarkaas
 Vulsel:
 500g Spinasie
 45 ml Canola olie
 250 g Spek
 1 groot Ui
 1 Knoffelhuisie
 300 g Sampioene
 Sout
 Peper
 Aromat
 Gedroogte origanum
 100 g Gerasperde cheddarkaas
 Bolaag:
 3 Eiers
 150g Korrelrige maaskaas
 100 ml Melk
 1 wiel Feta
 Meng al die bestandele met ‘n voedselverwerker totdat dit ‘n deeg vorm. Gebruik dan ‘n koekpan met ‘n los boom en smeer die kante en die boom met die deeg. Laat staan in die yskas vir 15min.
 Soteer die spek, uie, sampioene en knoffel in canola tot gaar. Kook die spinasie en voeg by die gaar spekmengsel. Laat dit vir 5min kook. Voeg al die speserye by. Skep mengsel eweredig in pan. Strooi gerasperde kaas oor.
 Klits al die bolaag se bestandele behalwe die feta. Giet die mengsel oor die spinasie. Frimmel dan die feta kaas oor.
 Bak vir sowat 40min in die oond by 180oC.
 Bedien warm of koud saam met gebraaide kersie tamaties, of net ‘n lekker mengel slaai.