Friday 6 June 2014

Rolpens, Mieliemeelpuree, piekelgroente en geroosterde tamatiesous



Rolpens, Mieliemeelpuree, piekelgroente en geroosterde tamatiesous
Chris Greeff en Elsa Buys

Bestanddele

Rolpens
250 g gemaalde beesvleis
250 g gemaalde varkvleis
3 repies spek fyngesny
3 snye witbrood
50 ml melk om brood in te week.
5 ml koljander
3 kardamomsade
5 ml neut
5 ml komyn
5 ml peper
15 ml sout
3 ansjovissies, fyngekap
10 ml balsamiese asyn
6 pruimedante
8 ansjovissies, heel
Kook van rolpens
250 ml rooiwyn
3 wortels in ringetjies gesny
2 preie in ringetjies gesny
6 lourierblare
6 wonderpeperkorrels
5 ml koljander
5 ml koljander
Krummelmengsel
125 ml hawermout, gerooster
125 ml pistachio neute
10 ml pietersielie
Sout en peper
50 ml sesamesaad, gerooster
Mieliemeelpuree
1 knpoffelhuisie, fyngekap
30 ml olyfolie
3 preie, fyn gesny
250 ml mieliemeel
250 ml water
125 ml Parmesaan of Pecerino kaas
125 ml room
Piekelgroente
250 ml groente in seisoen, in klein blokkies gesny
60 ml rooiwynasyn
250 ml witwynasyn
5 ml koljandersade
5 ml kardamomsade
5 ml mosterdsade
5 ml wonderpeperkorrels
125 ml suiker
1 vanieljepeul
125 olyfolie
Geroosterde tamatiesous
1 kg ryp tamaties
50 ml olyfolie
Sout
5 ml roosmaryn
5 ml tiemie
1 knoffelhuisie
2,5 ml rooipeper
250 ml hoenderaftreksel
5 ml suurlemoensap
2,5 ml suiker

Instruksies


Rolpens
1. Week die snye brood in die melk.
2. Meng die maalvleis, spek en brood saam.
3. Druk die koljander, kardamomsade, neut, komyn, peper en sout in ‘n stamper en vysel fyn en voeg by die vleismengse.
4. Voeg die fyngekapte ansjovis en balsamiese asyn by die mengsel en meng goed deur.
5. Ontpit die pruimedante en kook dit sag in tee.
6. Draai die heel ansjovissies om die pruimedante om in die middel van die vulsel in die rolpens te plaas.
7. Plaas die vulsel in die rolpens en maak seker dat dit nie te styf gestop is nie. Werk goed toe met naald en garing.
Kook van rolpens
1. Plaas rolpens in stoompot
2. Voeg die res van die bestanddele by.
3. Bedek verder met water tot die pot driekwart vol is.
4. Stoom vir 2½ uur tot gaar. Laat afkoel
Krummelmengsel
1. Voeg al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en blits vining saam.
2. Rol die rolpens in die krummelmengsel en bak in vlak olie tot bros en goudbruin.
Opdiening
Sny die rolpens in skywe.
Plaas dit bo-op die mieliemeelpuree en bedien saam met piekelgroente.
Mieliemeelpuree
1. Braai die knoffel en prei in die olyfolie.
2. Voeg die mieliemeel en water by en kook tot sag.
3. Voeg die kaas en room by die mieliemeel.
4. Puree met ekstra olyfolie tot sag.
Piekelgroente
1. Gooi die groente in kokende water vir 1 minuut en haal dan uit.
2. Kook die asyn, koljander, cardamom, mosterdsaad, wonderpeper en suiker saam.
3. Voeg die groente by en kook vir 1 minuut en haal van die plaat af.
4. Voeg die vanieljepeul en olyfolie by.
5. Laat staan tot benodig.
Geroosterde tamatiesous
1. Voorverhit die oond tot 160ºC
2. Sny die tamaties in die helfte en rooster vir ongeveer 30 minute. Die tamaties moet taai maar nie droog wees nie.