Tuesday 3 June 2014

Marelise van Stokalleen se bredie




Marelise van Stokalleen se bredie (RSG)
Bestanddele
...
1 ui, gekap
4 knoffeltoontjies, fyngemaak
olie
1 blikkie tamaties
4 eetlepels kruie
500ml bees- en groente aftreksel
800g skaapskenkel en rib
2 handevol rosa tamaties
sout
halwe koppie sojasous

Metode
Braai ui in olie, voeg knoffel by. Haal uit.
Sit plaat op hoog.
Dompel die vleis in meel, braai vinnig in kastrol tot bruin.
Voeg die aftreksel by, dan die kruie, die tamaties, sojasous en die sout en die ui.
Draai die temperatuur af, en laat dit prut vir 2 tot 2½ uur.