Tuesday 10 June 2014

Kerriekonfyt-snoek




Kerriekonfyt-snoek
Jy benodig
  • 1 gevlekte snoek (as jy self gevang het, hou die viskuite sodat jy dit later saam met brandrissies in botter kan braai)
  • sout en peper na smaak
  • 1 groot ui, in ringe gesny
  • 4-6 ciabattabroodjies
Vir die marinade
  • 1 teelepel kookolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 eetlepel masalakerrie
  • 100 g gesoute botter
  • 2 eetlepels perskeblatjang
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
Vir die speserybotter
  • 150 g botter
  • ’n hand vol gekapte grasuie, sprietuie en pietersielie
Só maak jy
1 Maak die marinade: Verhit die olie in ’n potjie en braaidie uie saam met knoffel tot dit sag is.
2 Voeg die masalakerrie by en kook dit vir 2-3 minute. Gooidie botter, blatjang en konfyt by en laat dit prut.
3 Braai die vis: Vlek die vis met die velkant na onder op ’n toeklaprooster oop. Geur dit na smaak metsout en peper en verf vandie kerriekonfyt-marinade oor die vis. Pakdie uieringe bo-op die marinade en maak jou rooster toe.
4 Sit die snoek eers met die vleiskant na onder oor matige kole. Braai dit vir agt minute of tot die marinade begin verbruin. Draaidie vis om sodat die velkant onder is en braai hom tot gaar.
5 Haal die vis van die been af en breek die vleis in stukkies.
6 Maak die speserybotter: Smelt die botter in ’n pan en voeg die gekapte speserye by saam met sout en peper na smaak.
7 Sny die ciabatta-broodjies in skywe en braai dit vinnig oor die kole totdat dit bruin is. Smeer dan van die speserybotter oor en pak van die snoek daarop.