Tuesday 10 June 2014

Glutenvrye saadjiebrood



Glutenvrye saadjiebrood
Maak 1 brood
Voorbereityd 15 minute plus 2 uur rustyd
Gaarmaaktyd 50 minute
Jy benodig
  • 4 eetlepels psilliumsaaddoppies
  • 4 eetlepels sesamsaad
  • ½ koppie klapper
  • 1 koppie vlassaad
  • ½ koppie rou haselneute of amandels, gekap
  • 1½ koppie rou sonneblomsade
  • 1 teelepel gekapte tiemie of roosmaryn
  • 1 teelepel sout
  • 350 ml water
  • 1 eetlepel heuning
  • 4 eetlepels gesmelte botter of klapperolie
Só maak jy
  1. Smeer ’n klein broodpan van 22 cm x 12 cm met 1 eetlepel botter. Meng al die droë bestanddele in ’n bak. Meng die water, heuning en laaste 3 eetlepels botter, en meng dit met die droë bestanddele. (Voeg nog 1-2 eetlepels water by indien dit te moeilik meng.) Krap die mengsel in die broodpan en bedek dit met kleefplastiek. Laat dit vir 2 ure (of oornag) staan.
  2. Voorverhit die oond tot 175 °C. Bak die brood vir 20 minute. Dop die brood uit die pan en plaas dit onderstebo op ’n oondrakkie. Bak dit vir nog 35-40 minute in die middel van die oond. Die brood is reg wanneer dit hol klink as jy daarop klop. Die brood moet heeltemal afkoel wees voordat jy dit sny.
WENK As jy die brood in kleefplastiek toedraai, behoort dit tot 5 dae in ’n lugdigte houer te hou. Jy kan ook individuele snye vries en net weer in die broodrooster verhit soos benodig.