Monday 2 June 2014

Alles-in-een-pan-ontbyt




Alles-in-een-pan-ontbyt
deur Herman Lensing
(6 porsies)
45 ml olyfolie...
1 ui, in dun ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 (225 g) chorizo-worse, in ringe gesny

1 x basiese oond-aartappels
sout en varsgemaalde swartpeper
6 eiers
Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in middelslagbraaipan wat geskik is vir die oond. Voeg ui en knoffel by en roerbraai vir 5 minute of tot goudbruin. Voeg wors by en braai vir nog 5 minute. Sny aartappels in klein blokkies en voeg by. Braai vir 2 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Verwyder van hitte en breek 6 eiers in pan. Plaas in warm oond en bak vir 5 minute vir sagte eiers of langer as jy dit harder verkies. Sit warm voor.