Friday 9 May 2014

VINNIGE PATATSOP




VINNIGE PATATSOP
Hierdie is vinniger as vinnig - dis regtig net kook, woer-woer, eet.
5 mediumgrootte patas
500 g gewone joghurt...
500 ml hoender aftreksel
1 medium ui, gekap
45 g botter
5 ml fyn neutmuskaat
pietersielie en croutons vir opdiening
Verhit die olie en braai die uie in 'n kastrol. Skil die patats en sny in blokkies. Gooi dit by die uie. Giet die aftreksel ook in die kastrol en bring tot kookpunt. Kook dit liggies tot die patat gaar is. Gooi die joghurt en neutmuskaat by en verwerk met 'n stick blender tot glad. (Gooi nog water by indien verkies.) Geur na smaak met sout en peper. Sprinkel bietije pietersielie voor opdiening oor en sit voor saam met croutons.