Friday 9 May 2014

Melkkluitjies




Melkkluitjies
(Lewer 4 – 6 porsies)
Bestanddele:
40 g (75 ml) (6 e) vlapoeier...
50 g (60 ml) (¼ k) suiker
500 ml (2 k) melk
2 eiers, geskei

2 ml vanieljegeursel
15 ml (3 t) botter of margarien
7 ml (1½ t) gemaalde kaneel
Metode:
1. Meng vlapoeier en suiker met ? bietjie van die melk tot ? pasta.
2. Verhit res van melk in ? middelslag-kastrol oor matige hitte tot kookpunt
3. Verdik met vlapoeiermengsel.
4. Klits eiergele effens en roer vinnig by vlapap.
5. Kook tot gaar.
6. Haal van stoof af en roer vanieljegeursel by.
7. Klits eierwitte tot styf en vou met ? metaallepel in vlamengsel in.
8. Skep lepelsvol in lae in ? opdienbak; stip tussen lae met botter en strooi kaneel oor.
9. Sit warm voor.