Monday 12 May 2014

Spek en Piesang Kolwyntjies





Spek en Piesang Kolwyntjies
Saamgestel deur: Alet van der Westhuizen en LeRoux van Vuuren
Bestanddele
...
½ koppie sagte botter, bietjie ekstra om die panne meet e smeer.
1½ koppie strooisuiker
1 teelepel vanielje-ekstrak
3 groot eiers
2½ koppie meel
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 koppie melk
500 g spek, klein stukkies gesny.
Piesangvulsel
6 ryp piesangs
4 eetlepels bruinsuiker
150 ml vars room
Versiering
1½ koppies roomkaas
1 koppie sagte botter
1 piesang
½ suiker
Instruksies
1. Voorverhit oond tot 180ºC.
2. Maak spek stadig gaar tot goudbruin en bros.
3. Smeer 2 kolwyntjiepannetjies met botter.
4. Meng botter tot sag en lig met ‘n houtlepel en voeg vanielje-ekstrak by.
5. Voeg eiers een vir een by en klits baie goed.
6. Sif al die droë bestanddele saam en voeg die helfte by die bottermengsel.
7. Voeg nou die helfte van die melk by en meng goed.
7. Herhaal stap 6 en 7 en meng goed deur.
8. Voeg ¾ van die bros spek by die kolwyntjiemengsel.
8. Verdeel die beslag tussen die twee kolwyntjiepannetjies en bak vir 20 tot 30 minute.
Piesangvulsel
1. Kook gesnyde piesangs en suiker saam tot stroperig, koel af en roer room by. Druk fyn met ‘n vurk.
2. Sit die fyn piesang in ‘n spuitsak en spuit 1 eetlepel vulsel deur die dop van die kolwyntjie..
Versiering
1. Maak versiering deur roomkaas en botter te meng tot sag en glad.
2. Sit in ‘n spuitsak met ‘n ster spuitpunt en spuit in sirkelbewegings 3 – 4cm hoog.
3. Sny die piesang in die helfte en dan in dun repies in die lengte.
4. Plaas suiker en piesangrepies in ‘n pan en verhit tot gekarameliseerd. Moenie roer terwyl dit in die pan is nie.
5. Hou versuikerde piesangrepies eenkant om hard te word.
6. Strooi oorblywende bros spek bo-op versiering.
7. Plaas een versuikerde repie piesang bo-op die versiering.