Monday 12 May 2014

Pampoenspeserykoek





Pampoenspeserykoek
Saamgestel deur: Alet van der Westhuizen en LeRoux van Vuuren
Bestanddele
...
1½ koppie sagte botter.
3½ koppie witsuiker
6½ koppie koekmeel, gesif
3 eetlepels bakpoeier
2 teelepels sout
2 groot eiers
1 teelepel vanieljegeursel
1 koppie melk
2 koppies gaar botterskorsie
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel gemengde speserye
6 kardamompeule
Skil van 1 suurlemoen
2 naeltjies, fyngekap
Sap van 1 suurlemoen
Versiering
375 ml roomkaas
400 g sagte botter
½ teelepel kaneel
½ teelepel gemengde speserye
Halwe suurlemoen se kil, gerasper
Versuikerde botterskorsie
1 koppie rou botterskorsie, in 1 x 1cm blokkies gesny.
½ koppie suiker
½ koppie water
Kaneel en neute-krummel
1 koppie pekanneute
1 koppie makadamianeute
1½ teelepels kaneel
Instruksies
1. Voorverhit die oond tot 180ºC
2. Spuit twee 30 cm losboompanne met kleefvrye sproei.
3. Meng die sagte botter en suiker tot sag en lig.
4. Sif droë bestanddele saam en voeg kaneel en gemengde speserye by.
5.Voeg verpulpte botterskorsie by die nat mengsel en roer goed deur. Voeg skil en sap van suurlemoen by.
6. Kap kardamompeule stukkend, voeg die saadjies en naeltjies in ‘n stamper en vysel en maak goed fyn. Voeg by die droë bestanddele.
7. Klits die eiers goed en voeg melk by. Roer by die nat mengsel en voeg vanieljegeursel by.
8. Voeg nat mengsel by die droë bestanddele en meng goed deur met ‘n houtlepel.
9. Verdeel die mengsel tussen die twee panne en bak vir 1 uur. Laat heeltemal afkoel.
10. Sny albei koeke in die helfte deur om 4 koeke te maak.
Versiering
Meng die sagte botter en roomkaas goed saam tot glad. Voeg die res van die bestanddele by en meng deur.
Versuikerde botterskorsie
Plaas die botterskorsie saam met die suiker en water in ‘n klein kastrolletjie. Kook tot heeltemal droog en versuiker is, min of meer vir ‘n uur op baie lae hitte.
Kaneel en neute-krummel
Maak al die bestanddele fyn in ‘n elektriese menger.
Versiering
1. Sit een laag koek op ‘n koekbord en smeer 2cm dik met versiering. Herhaal tot al die koeke gebruik is.
2. Smeer die orige versiering om die kante en maak dit glad met ‘n paletmes, sodat niks van die koek uitsteek nie.
3. Sprinkel neut en kaneel krummels op die bolaag en pak versuikerde botterskorie op.
4. Sny 4 ingelegde vye in die helfte en plaas bo-op .
5. Sprinkel pampoensade oor aan die einde van die versierings.
Opsioneel: Jy kan suikerwerk maak deur ‘n dik suiker-karamel op ‘n silikoonvel in ‘n traliewerk te giet. Breek dit in stukke en plaas bo-op die koek om hoogte te gee.