Wednesday 14 May 2014

Sjokolade-hawermoutblokkies



Sjokolade-hawermoutblokkies

RESEP LEWER: 32 BLOKKIES
PORSIEGROOTTE: 1 BLOKKIE
  • 500 ml (180 g) rou hawermout
  • 250 ml (120 g) koekmeel
  • 250 ml (38 g) spysverteringsemels (digestive bran)
  • 125 ml (50 g) droë klapper
  • 50 ml (20 g) kakaopoeier
  • 5 ml bakpoeier
  • 175 ml (140 g) suiker
  • 100 g sagte margarien
  • 60 ml (75 g) suiwer heuning
  • 100 ml ongegeurde vetvrye jogurt
  • 1 groot eier
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 5 ml koeksoda
Versiersel
  • 60 ml (30 g) versiersuiker
  • 15 ml kakaopoeier
  • 5 ml sagte margarien
  • paar druppels vanieljegeursel
  • 5 – 10 ml laevetmelk
  1. Verhit oond tot 170 °C.
  2. Meng hawermout, koekmeel, semels, klapper, kakao, bakpoeier en die helfte van die suiker.
  3. Verhit die ander helfte van die suiker, margarien en heuning oor lae hitte tot margarien gesmelt is.
  4. Klits jogurt, eier en geursel en roer koeksoda by.
  5. Voeg margarienmengsel en jogurtmengsel by die droë bestanddele en meng tot ’n klam deeg.
  6. Skep deeg in gesmeerde 30 x 20 cm-koekpan, maak gelyk en druk liggies vas in pan.
  7. Bak vir 30 minute, verwyder uit oond, sny in 32 blokkies en plaas terug in oond vir 10 tot 15 minute. Skakel oond af en laat pan vir nog 30 minute in oond.
  8. Versiersel Sif versiersuiker en kakaopoeier saam en klop bietjie-bietjie by sagte margarien. Geur met vanieljegeursel en voeg net genoeg melk by om ’n loperige versiersel te vorm. Drup versiersel oor afgekoelde koek.
WENK
• Die tradisionele “crunchie” is verander om minder vet en suiker per porsie te bevat, en vir die sjokoliste het ek kakao bygewerk.