Monday, 26 May 2014
Pampoen-en-garnaalsop – maklik in die mikrogolf
Pampoen-en-garnaalsop – maklik in die mikrogolf
(genoeg vir 6)
◾45 ml olyfolie
◾45 ml botter
◾1 ui, fyngekap
◾2 knoffelhuisies, fyngekap
◾2 brandrissies, fyngekap
◾30 ml kerriepoeier
◾500 ml hoenderaftreksel
◾500 g geskilde pampoen
◾16 (sowat 200 g) steurgarnale,
◾doppe verwyder
◾sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas olyfolie, botter, ui en knoffel in mikrogolfbestande glasbak. Verhit op Hoog vir 5 – 8 minute of tot ui deursigtig is. Voeg res van bestanddele, buiten garnale, by. Plaas terug in mikrogolfoond. Verhit verder op Hoog vir 12 – 15 minute of tot pampoen sag en gaar is. Maak met staafmenger fyn tot gladde mengsel. Plaas garnale in sop en verhit mengsel 5 minute lank op Hoog in mikrogolfoond. Geur goed met sout en peper. Sit voor.
Wenk: As jy nie skulpvis kan eet nie, vervang die garnale met stukkies wit vis