Monday 5 May 2014

Muffins met spek, kaas en grasuie




Muffins met spek, kaas en grasuie
Jy het nodig:
  • 300 g meel
  • 20 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 30 ml suiker
  • 6 repies spek, gebraai tot bros en dan in stukkies gebreek
  • 100 g cheddar, gerasper
  • ’n handvol grasuie of die groen gedeeltes van sprietuie, fyngekap
  • ’n klein bietjie vars pietersielie, fyngekap (opsioneel)
  • 2 eiers
  • 250 ml melk
  • 125 ml olie

Só maak ’n mens:
1. Meng die eerste sewe bestanddele (en die pietersielie, indien jy dit gebruik) in ’n groot mengbak en maak dan ’n holte in die middel van die mengsel.
2. Klits die eiers, melk en olie saam. Voeg dit by die droë bestanddele. Roer net tot gemeng. Moenie dit te veel roer nie.
3. Smeer die holtes van ’n groot muffinpan en skep dan die deeg in die holtes (vul dit tot sowat twee derdes vol).
4. Bak in ’n voorverhitte oond teen 190 °C 20 tot 25 minute lank of tot mooi bruin en deurgaar.
5. Laat ’n klein rukkie in die pan afkoel en haal dan die muffins uit.
Sit warm voor saam met botter en gerasperde kaas.