Friday 16 May 2014

Lekker hamburgers







Lekker hamburgers
deur Barbara Joubert
Jy kan ’n goeie hamburger-vleiskoekie (patty) op die kole of in ’n pan braai.
(4 hamburgers)
◾500 g beesmaalvleis
◾1 klein ui, fyngekap
◾1 dik sny bruinbrood
◾125 ml melk
◾4 ml sout
◾varsgemaalde swartpeper na smaak

◾15 ml sonneblomolie
◾4 snye cheddarkaas
◾4 uie, in skywe gesny
◾30 ml sonneblomolie
◾4 broodrolletjiesWeek die brood tot sag in die melk.
Meng al die bestanddele goed saam. Vorm in vleiskoekies. Verhit die 15 ml sonneblomolie in ’n riffelpan en braai die vleiskoekies weerskante tot hoe gaar jy dit wil hê. Verhit die 30 ml sonneblomolie in ’n pan en braai die uie tot sag en bruin. Plaas ’n sny cheddarkaas bo-op elke burger en sit in ’n warm oond teen sowat 120 °C – net tot die kaas gesmelt het. Plaas ’n vleiskoekie op ’n oopgesnyde rolletjie en skep van die gebraaide uie bo-op.