Monday 5 May 2014

Heerlike Mikrogolf Sjokolade Poeding



Mika Jacobs
 
Heerlike Mikrogolf Sjokolade Poeding
Bestanddele
8 eetlepels koekmeel ...
8 eetlepels bruin suiker
4 eetlepels donker kakao

2 eiers
Knypie sout
6 eetlepels melk of room
6 eetlepels kookolie
1 teelepel vanilla geursel
1 groot Bar One in stukkies gebreek of 4 wit lindt sjokolade balletjies
Metode
Meng al die droë bestanddele saam, en voeg die eiers, melk, olie en vanilla by, meng liggies,
Spuit met spray a cook 'n bak, gooi mengsel in die bak, druk die sjokolade in mengsel, bak vir 4 / 5 minute op hoog, laat staan vir 2 minute in mikrogolf,
Ek het dié resep by my skoonma gekry, dis baie lekker